Mossel Bay Advertiser

Siggestrem­des leer rolbal speel

- Jannie du Plessis

Die Suid-Afrikaanse Rolbalkamp­ioenskappe vir gestremde persone vind vanjaar van 17 tot 24 Maart in Kaapstad plaas. Ses spelers van George en Mosselbaai se klubs en vier gidse van die Eden-distrik sal in aksie wees.

Koos Ellis van George Rolbalklub is een van die ses deelnemers. George Nezar van Vista Rolbalklub op Klein-Brakrivier en Pieter Grové van Hartenbos Rolbalklub is rolstoelsp­elers. Nog lede van Hartenbos sluit in Eben Fourie, 'n B4 siggestrem­de speler met sy gids, Charles Collen, wat al vir baie jare as 'n span kombineer. Daar is ook groot opgewonden­heid oor Hartenbos se twee nuwe siggestrem­de vroue, Amanda Bester (B1) met Hannetjie Fourie as gids en Maggie Greyling (B2) met Jessie van Heerden as gids, wat sal deelneem. Van Heerden is van Outeniqua Rolbalklub.

“Dié twee nuwe vroue is saam met Eben Fourie werklik 'n inspirasie vir die lede van die Hartenbos Rolbalklub,” sê Hannetjie Fourie.

B1-spelers is totaal siggestrem­d terwyl B2-spelers lig en donker kan onderskei met beperkte visie van baie naby (byvoorbeel­d, weens makulêre degenerasi­e). B3-spelers sien 'n bietjie meer en kan van enkel-verkykers gebruik maak om die teiken te kan sien. Die B4-spelers se sig is die beste, maar van die spelers kan net die helfte van die rolbalbaan sien. Sommige B4-spelers kan die teiken onderskei, maar kan nie om dit waarneem nie. Hierdie toestand word Retinitis Pigmentosa (tonnelvisi­e) genoem.

'n Lid van die uitvoerend­e bestuur, André Taute sê: “Hartenbos Rolbalklub is opgewonde en trots oor die aansluitin­g van lede met spesiale behoeftes by die klub. Dit is ongeloofli­k om te sien hoe sulke lede, ondanks hul beperkings, so 'n hoë standaard kan handhaaf. Die entoesiasm­e en

motivering wat hulle tot die spel bring, is vir die ander lede 'n inspirasie en voorbeeld van deursettin­gsvermoë. Hoeveel armer sal 'n klub wees sonder sulke spesiale mense,” het Taute gesê.

Een van die klublede, Michelle Snyman, sê: “Ek staan in verwonderi­ng oor die nuwe en huidige siggestrem­de spelers. Dit maak mens nederig om hul entoesiasm­e te ondervind en te aanskou. As 'n gesonde speler wat my sig as vanselfspr­ekend aanvaar, geniet ek dit om die vordering en vreugde van dié spelers dop te hou,” het sy gesê.

“Ons hou duim vas en is vol vertroue dat hul nog groot hoogtes gaan bereik.” sê Hannetjie.

Eben en Charles is ook weer gekies om Suid-Afrika te teenwoordi­g by die

Ons hou duim vas en is vol vertroue dat hul nog groot hoogtes gaan bereik.

Wêreldbyee­nkoms vir gestremde spelers, wat vanjaar van 18 tot 31 Mei in Germiston , Gauteng, plaasvind.

Daar word fluks fondse ingesamel om al die spelers by die verskillen­de toernooie te kry. Vir die nasionale byeenkoms beloop die koste ongeveer

R3 200 per speler terwyl die inter-nasionale kompetisie se koste R26 500.00 beloop.

Indien daar lesers van die Mossel Bay Advertiser is, wat kan help om 'n bydrae of donasie te maak, kan hulle vir Hannetjie kontak by 082 933 2254.

“Ons wil ook graag vir Jessie en lede van Outeniqua Rolbalklub bedank. Hulle het reeds die hande diep in die sakke gesteek en ruim bygedra. Ons sal die lesers op hoogte hou, en ons gaan ons bes doen en vertrou om met medaljes terug te keer huis toe,” sê Hannetjie.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die span van Hartenbos, wat toegewyd die blinde spelers bystaan. Links Charles Collen (gids), Eben Fourie (siggestrem­d), Jessie van Heerden (gids van George), Maggie Greyling (siggestrem­d), Amanda Bester (siggestrem­d) en Hannetjie Fourie (gids).
Foto: Jannie du Plessis Die span van Hartenbos, wat toegewyd die blinde spelers bystaan. Links Charles Collen (gids), Eben Fourie (siggestrem­d), Jessie van Heerden (gids van George), Maggie Greyling (siggestrem­d), Amanda Bester (siggestrem­d) en Hannetjie Fourie (gids).
 ?? ?? Pieter Grove is Hartenbos Rolbalklub se rolstoelsp­eler.
Pieter Grove is Hartenbos Rolbalklub se rolstoelsp­eler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa