Mossel Bay Advertiser

Outeniekwa bly baas om stigtersbe­ker teen Suid-Kaap

- Marius Loubsher

Outeniekwa Sages het op Maandag, 11 Maart, in groot getalle na Mosselbaai opgeruk om die Suid-Kaap in die jaarlikse stryd om die Stigtersbe­ker die stryd aan te sê. En die stryd was hewig, met Outeniekwa netnet die wenners met 'n gemiddeld van 39,56 Stableford­punte in die beterbalko­mpetisie teenoor die 39,25 van Suid-Kaap.

Dit bly 'n pragtige gesig om 120 spelers op 'n lieflike somersdag op die gholfbaan te sien meeding. Mosselbaai se gholfbaan doen beslis sy reputasie gestand as een van die mooiste bane op die Tuintoete. Groot dank gaan aan die Mosselbaai Gholfklub vir die voorbereid­ing en beskikbaar­stelling van die baan, ook vir die organisasi­e wat met so 'n dag gepaard gaan. Die gesellige samesyn van al die spelers na die tyd is 'n duidelike aanduiding dat die dag suksesvol verloop het.

Uitslae

In die beterbalko­mpetisie het die volgende pare die beste punte opgestapel:

1. Bennie Geldenhuys en Leon Neveling (SK) 47; 2. Jan van Wyk en Ernie Blommaert (O) 47; 3. Philip Claasse en Theunis Ebersohn (SK) 46; 4. Danie Erasmus en Johan Hattingh (O) 46; 5. Flip Cloete en Jaap van der Westhuizen (O) 44;

6. Colin Perry en Gideon Horn (O) 44. Johan Smit van Outeniekwa se Dolphin's Creek het die naaste aan die pen op putjie 8 aangeteken en Dawid Gerber van Suid-Kaap, Mosselbaai, was die naaste op nommer 15. Theunis Ebersohn, Ernest Roux en Martin Speelman van Suid-Kaap het spogtwees behaal en so ook Chris Mackay en Lloyd Gosling van Outeniekwa. Al die Suid-Kaapspeler­s wat 'n bottel wyn geskenk het vir die pryswenner­s asook JC Slagtery van Riversdal vir die worspryse vir die naaste aan die penne word bedank.

Die volgende Sagesbyeen­koms is die Vyfhoekige byeenkoms by Goose Valley op 27-28 Maart.

 ?? ?? Die wenners by die Stigtersbe­ker kompetisie is van links: Stoffel Maritz (ondervoors­itter), Philip Claase, Theunis Ebersohn, Jan van Wyk, Leon Neveling en Bennie Geldenhuys.
Die wenners by die Stigtersbe­ker kompetisie is van links: Stoffel Maritz (ondervoors­itter), Philip Claase, Theunis Ebersohn, Jan van Wyk, Leon Neveling en Bennie Geldenhuys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa