Mossel Bay Advertiser

‘Alles kan deesdae aanlyn bestel word, kinders insluitend’

- Louise Karsten

Die hof kan streng voorwaarde­s aan 'n 25-jarige man van Mosselbaai, wat met kinderporn­ografie betrap is, gee en hom op borgtog vrylaat omdat borgtog nie

'n straf is nie en die beskuldigd­e nog nie skuldig bevind is nie. Dit was een van redes wat die verdedigin­g tydens betooghoof­de in die borgaansoe­k van die beskuldigd­e voorgehou het met sy hofverskyn­ing die afgelope Woensdag in die Mosselbaai­landdrosho­f.

Die verdagte, wat in Da Nova woon, is sedert 2 Februarie in aanhouding nadat ongeveer 48 eksplisiet­e foto's van kinderporn­ografie, wat meestal dade met kleutermei­sies wys, op sy selfoon gevind is. Die staat het 'n aantal toestelle, wat altesaam meer as 1,2 miljoen foto’s op het, van die verdagte gekonfiske­er.

Die staat staan sy borgaansoe­k teen. Die hoofrede wat die staat aanvoer is weens die erns van die misdrywe en dat dit in belang van geregtighe­id is dat borgtog geweier word.

Advokaat Gerda Marx het gedurende haar betoog aan die hof gesê die vraag is of dit in die belang van geregtighe­id is om vrylating van die beskuldigd­e op borgtog toe te laat.

Sy het gesê die betrokke misdryf is teen kinders gepleeg. "Die beskuldigd­e skep die mark vir die vervaardig­ing van kinderporn­ografiese beelde. As daar geen aanvraag is nie, sal daar geen skepping wees nie. Die beskuldigd­e is indirek verantwoor­delik vir die seksuele misbruik en verkragtin­g van kinders. Dit is 'n baie ernstige oortreding en kinders wêreldwyd moet beskerm word teen mense soos dié beskuldigd­es."

Marx het gesê alles kan deesdae aanlyn bestel en afgelewer word, "kinders insluitend". Sy het aan die hof gesê aanlyn uitbuiting van kinders is aan die orde van die dag.

"Roofdiere hoef nie in die strate te dwaal om toegang tot kinders te kry nie. Daar is net 'n selfoon en internet nodig.

Die beskuldigd­e is in besit gevind van grusame beelde waar kinders mishandel word. Dit is my submissie dat die beskuldigd­e inderdaad 'n gevaar vir kinders is.

Beelde van kinders wat telkens aanlyn verkoop en uitgeruil word, veroorsaak uiterste trauma en herhaalde uitbuiting van daardie kind. Die kind in elke beeld is iemand se kind, is 'n persoon op haar eie."

Die saak is uitgestel tot 22 April vir uitspraak in die borgaansoe­k. Die beskuldigd­e bly in aanhouding.

Beelde van kinders wat telkens aanlyn verkoop en uitgeruil word, veroorsaak uiterste trauma en herhaalde uitbuiting van daardie kind.

 ?? Foto: Louise Karsten ?? Die beskuldigd­e (links) word deur ao Alistair Rezant van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgewe­ld, kindermish­andeling en seksuele misdrywe na die aanhouding­selle by die Mosselbaai-polisiesta­sie geneem kort ná hy in hegtenis geneem is.
Foto: Louise Karsten Die beskuldigd­e (links) word deur ao Alistair Rezant van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgewe­ld, kindermish­andeling en seksuele misdrywe na die aanhouding­selle by die Mosselbaai-polisiesta­sie geneem kort ná hy in hegtenis geneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa