Mossel Bay Advertiser

Voorreg om Ligtoring-roete te stap vir ‘n ‘recce’

-

Erns Grundlingh, aanbieder van Eldersprog­ram, kykNET:

Dit was ’n groot voorreg om onlangs die eerste week van die Pelgrimsto­g van Hoop se Ligtoring-roete saam met Gerrie van Deventer, Johan Nieuwenhui­zen, Carel van der Merwe en my goeie vriend, Le Roux Schoeman, te kon stap.

Behalwe dat ek sedert 2020 betrokke is by die Pelgrimsto­g van Hoop, was hierdie staptog ook ’n eerste verkenning, of recce, vir ’n nuwe seisoen van die kykNET-reeks Elders.

Ek wil nie nou al te veel weggee nie, maar dit is duidelik dat Seisoen 7 ’n plaaslike reeks gaan wees en dat ek weer baie gaan stap.

Ons beplan om die reeks in September vanjaar te skiet.

My vrou Catharien verwag ons kinders - ja, dit is ’n tweeling - einde April, en ek moet eers vir ’n paar maande help doeke omruil, babas bad en voer en ook na Catharien kyk voor ek weer my rooi hoed kan dra en die Ligtoring-roete stap van Mosselbaai tot by Kaap Agulhas.

Die Ligtoring-roete is fantasties, met verstommen­de natuurskoo­n en wonderlike en gasvrye mense langs die pad.

Ek het al wyd gereis deur Suid-Afrika, maar dit was die eerste keer dat ek plekke langs die kus soos Danabaai, Boggomsbaa­i, Vleesbaai, Gouritsmon­d, Melkhoutfo­ntein en Jongensfon­tein besoek het.

Die rotse by Pinnacle Point, die strand tussen Danabaai en Vleesbaai, die Gouritsriv­ier, die duineveld buite Stilbaai, al die heerlike gesprekke, smullekker kos en groot bederf by die herbergier­s … te veel om op te noem.

My stapmaats was ook heerlike geselskap en ons het lekker gelag én gesweet, want maklik was dit ook nie altyd nie.

Ek bly opgewonde oor die Pelgrimsto­g van Hoop se potensiaal as ’n netwerk van roetes met integritei­t, ’n sterk etos en ’n inklusiewe ingesteldh­eid.

Gerrie van Deventer het ’n groot hoeveelhei­d tyd en energie belê om die roete te ontwikkel en goeie verhouding­s langs die pad te bou.

Mag die Ligtoring-roete nog baie pelgrims met rooi hoede lok en mense inspireer om meer gereeld te stap en ook na hulle psigiese gesondheid om te sien, en hoop te vind vir Suid-Afrika en al sy mense.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa