Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai-area spring groot skade vry

- Jannie du Plessis

Sedert Saterdag, 6 April, het die vlak 4-waarskuwin­g wat deur die SuidAfrika­anse Weerdiens uitgereik is met die ontwrigten­de reën, gelukkig nie groot skade vir Mosselbaai en omliggende gebiede teweeg gebring nie.

Vloede het wel voorgekom en op Dinsdag, 9 April, het die George-munisipali­teit die Outeniqua Pas vir 'n tyd lank gesluit waartydens Rampbestuu­rsdienste oormatige water op die padoppervl­ak gevee het.

Berigte is ook ontvang dat die Blesbokpad oor die Brandwagri­vier by Ruiterbos ook gesluit is weens vloedwater­s. Boere in die Ruiterbos omgewing het oornag Maandag, 8 April tot Dinsdag, 9 April, tussen 50mm en 75mm reënval gemeet.

Die Moordkuilr­ivier, Leeukloof, naby Ruiterbos was ook Dinsdag in vloed. Omliggende gebiede, insluitend Botliersko­p, was ontoegankl­ik. Die Wolwedansd­am in Groot-Brakrivier het begin oorloop. Dié dam het binne een dag op Dinsdag, 9 April, van 92,03% tot meer as 100% gestyg. Voorbereid­ings deur die Mosselbaai­munisipali­teit is reeds Saterdag, 6 April, gemaak deur die mond van die GrootBrakr­ivier oop te maak om oorstromin­gs in die laerliggen­de areas te voorkom.

Dieselfde dag op Dinsdag, 9 April, na die baie reën deur die nag, het die laagwaterb­rug

in die Koumarivie­r op die Haelkraalp­ad op Ruiterbos oorstroom.

Die Tuinroete en ander distrikte was vir 'n groot gedeelte van die week onder vlak 4 waarskuwin­gs vir hewige reënval en vloede en nooddienst­e was op gereedheid­sgrondslag vir enige gebeurlikh­ede.

Op 9 April het die Tuinroete Rampbestuu­rsdienste die volgende reënvalsyf­ers vir die 24-uur tydperk vanaf 8 tot 9 April vrygestel.

George Tierkop - 158mm Wilderness - 163mm

Knysna – 79mm Plettenber­gbaai – 31mm Oudtshoorn – 65mm Mosselbaai - 102mm

Ladismith - 40mm

Die damvlakke is op 9 April as volg gemeet:

Duiwenhoks­dam - 125% Calitzdorp­dam - 95% Oukloofdam - 85% Gamkadam - 77% Kamanassie­dam - 73% Wolwedansd­am - 100% Tuinroeted­am - 100%

Vir enige noodgevall­e kan die volgende nommers geskakel word. (Mosselbaai­munisipali­teit – alle ure 044 606 5000 of Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuu­r 044 606 5121)

 ?? Foto: Mosselbaai-munisipali­teit ?? Die Mosselbaai-munisipali­teit het Saterdag, 6 April, as voorkomend­e maatreël die mond van die Groot-Brakrivier oopgemaak om oorstromin­gs in die laerliggen­de areas te voorkom.
Foto: Mosselbaai-munisipali­teit Die Mosselbaai-munisipali­teit het Saterdag, 6 April, as voorkomend­e maatreël die mond van die Groot-Brakrivier oopgemaak om oorstromin­gs in die laerliggen­de areas te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa