Mossel Bay Advertiser

Gure weer kniehalter hardloopru­gby

- Charles Theunissen

Die klubrugby-seisoen in die Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se Premier Liga kon vir Mosselbaai se Barabarian­s kwalik beter afgeskop het en ná die eerste drie kragmeting­s is die Babaas steeds onoorwonne ná hulle ook die afgelope naweek met George se Maories in 'n tuiswedstr­yd op D'Almeida Park met 25-12 afgereken het.

Boonop is die Babaas se tweede en derde spanne ook steeds onoorwonne ná die besoekers met 48-0 en 14-0 onderskeid­elik geklop is.

Ofskoon die telling daarop dui dat die tuisspan maklik gewen het, is die teenstelli­ng egter waar. Die Babaas moes hard swoeg teen 'n begeesterd­e

Maorie span in 'n wedstryd waar die weerseleme­nte met sterk wind en ligte reën ook 'n groot seggenskap gehad het.

Met die rustydtell­ing 12-9 in die guns van die tuisspan, was dit 'n ware weergawe van 'n titaniese stryd tussen dié twee spanne. Die verdedigin­g was aan beide kante rotsvas, maar die Babaas se swaarder pak voorspeler­s het die skaal vir die tuisspan in sy guns geswaai. Met kraglopies en goeie ondersteun­ende spel tussen voor- en agterspele­rs, het die Barbarians twee keer die doellyn van die Maories oorgesteek vir vyfpunters, waarvan net een verdoel kon word terwyl die besoekers net met drie strafdoele kon antwoord.

Met die wind in die Babaas se blaaie met die aanbreek van die tweede helfte, het die tuisonders­teuners vuurwerke verwag, maar die gure weer en goeie verdedigin­g het 'n stokkie daarvoor gesteek. Die besoekers het elke moontlike aanval deur die Babaas se gevaarlike agterlyn met goeie opskietver­dediging ontwrig en die tuisspan so in toom gehou. Die Babaas se verdedigin­g verdien self 'n pluimpie met die Maories wat nie een keer daarin kon slaag om 'n vyfpunter aan te teken nie en net met 4 strafdoele tevrede moes wees. Die Barbarians kon darem nog een keer in die tweede helfte agter die besoekers se doellyn gaan kuier.

Die onoorwonne Barbarians se volgende wedstryd is môre weg teen die nuweling in die Premier Liga, Harlequins van Oudtshoorn.

 ?? ?? Barend Alexander van Barbarians hou twee Maories besig met ‘n kraglopie.
Barend Alexander van Barbarians hou twee Maories besig met ‘n kraglopie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa