Mossel Bay Advertiser

Suid-gemeente onveilig in hul kerkgebou

- Linzetta Calitz

Die NG Kerk Mosselbaai-Suid se gebou is tans te onveilig om dienste in te hou.

Dít is weens verweer skade, wat aanvanklik net binne die kerktoring sigbaar was, maar wat nou ook buite gesien kan word. Die kerk is in 1958 opgerig.

Die kerk se Eiendomsko­mmissievoo­rsitter (ook spottender­wys bekend as die toringredd­er), André du Toit, vertel hulle het op die binneskade afgekom toe hulle eintlik na die kerkklok wou kyk omdat dié ook stukkend is. Dit was sowat 'n jaar gelede.

Nou is dit 'n proses om die gebou te beveilig sodat dienste weer hervat kan word. Dienste word tans in die kerksaal gehou omdat die veiligheid­srisiko in die kerkgebou te groot is.

Ongelukkig is dit nie net 'n geval van herstel nie; die hele toring sal afgebreek en weer herbou moet word.

Du Toit sê dit gaan die kerk minstens R800 000 uit sak jaag. Omdat die skade weens verweer is, word dit ook nie deur die versekerin­g gedek nie.

Behalwe hiervoor is daar ook 'n erfenispro­ses wat gevolg moet word deur Erfenis Mosselbaai en Wes-Kaap, omdat die gebou ouer as 60 jaar is.

Die kerk is hard aan die werk om fondse in te samel vir die afbreek en herbou, maar Du Toit sê hulle sal beslis enige hulp waardeer. Enigeen wat die kerk wil ondersteun kan die kantoor kontak (044 690 3552).

Fondsinsam­elings

Op 4 Mei hou die kerk 'n Dankfees waar al jou standaard en heerlike basaar verwagting­e aan voldoen sal word. Maak gerus daar 'n draai.

Daar word ook volgende week maaltye verkoop, wat kerrie en rys, basaarpoed­ing, Wimpy-burgers en meer insluit. Jy het tot Maandag, 29 April, kans om te bestel.

WhatsApp Lezelda (083 210 3057) om jou bestelling te plaas.

In Oktober word daar nóg 'n Dankfees gehou wat beloof om 'n lekker paar ekstras by te hê. Dié datum en program moet nog bevestig word.

Omdat die skade weens verweer is, word dit ook nie deur die versekerin­g gedek nie.

 ?? Foto: Verskaf ?? Die NG Kerk Mosselbaai-Suid se Eiendomsko­mmissie-voorsitter, André du Toit, met die toring in die agtergrond. INLAS: Hiér is van die skade van nader sigbaar.
Foto: Verskaf Die NG Kerk Mosselbaai-Suid se Eiendomsko­mmissie-voorsitter, André du Toit, met die toring in die agtergrond. INLAS: Hiér is van die skade van nader sigbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa