Mossel Bay Advertiser

Lede van boubedryf daag in hul massas op

- Linzetta Calitz

Rolspelers in die boubedryf het vandeeswee­k in hul massas opgedaag vir 'n vergaderin­g met lede van die munisipali­teit se bouafdelin­g asook die burgemeest­er, Dirk Kotzé, oor kwessies wat hulle ondervind ten opsigte van bouplanaan­soeke se goedkeurin­gstyd en meer.

Aanvanklik het beide die burgemeest­er en die direkteur beplanning en ekonomiese ontwikkeli­ng, Carel Venter, op hul beurte die gehoor toegespree­k.

Die sprekers was dit eens dat dié platform geskep is sodat kwessies oor gepraat en oplossings gevind moet word.

Venter het spesifiek uitgebrei oor uitdagings binne die betrokke afdeling weens bedankings en die daaropvolg­ende personeelt­ekorte. Maar, hy sê, ook dit het intussen verbeter.

Hy vertel verder hy het onlangs na ander munisipali­teite uitgereik om te uit te vind wat hul statistiek­e is met betrekking tot bouplanne wat hulle inkry het en bouplanne wat goedgekeur is oor die laaste ses maande. Hy het drie munisipali­teite se terugvoer reeds ontvang. Hul persentasi­es goedkeurin­gs teenoor aansoeke ontvang was onderskeid­elik, 87%, 48% en 89%, waar Mosselbaai s'n 105% is. Dit sluit nou agterstall­ige aansoeke in.

Terugvoer verwelkom

In 'n stadium verlede jaar, sê hy, het die afdeling op 67% kapasiteit gefunksion­eer.

Hoewel daar verbeterin­g is, erken hy dat daar steeds nog verbeterin­g kan wees en het terugvoer vanuit die gemeenskap verwelkom wat uit die vergaderin­g gekom het.

Kwessies wat die teenwoordi­ge rolspelers (ontwikkela­ars, bouers, argitekte en meer) geopper het, handel meestal oor tyd. Die tyd wat dit neem vir 'n aansoek om goedgekeur te word; kommentaar op 'n aansoek, wat onvolledig is en dus nóg meer tyd byvoeg, die tyd aan okkupasies­ertifikate verbonde en meer.

Venter het te kenne gegee dat verbeterin­g hier beslis gedoen kan word en het onderneem om aandag te gee aan individuel­e gevalle wat nie die norm is nie. Hy het ook klem daarop gelê hoe belangrik dit is om planne korrek in te gee. Volgens hom is van die planne, wat ingedien word, skrikwekke­nd, maar hy het ook genoem dat diegene by die vergaderin­g teenwoordi­g waarskynli­k nie die skuldiges is nie.

In antwoord het sommige lede in die gehoor gesê ofskoon die hele checklist vir aansoeke nagekom word, word dit soms stééds terugverwy­s. Venter het gesê dit sal ondersoek word.

Beide Venter en die burgemeest­er het gesê die bouplanafd­eling het geen ander keuse as om streng te wees met aansoeke en hulle sal by staande beleide hou, maar wanneer 'n bouplan korrek ingedien word, poog hulle om dit binne 30 dae goedgekeur te kry.

Talle ander kwessies is bespreek en terugvoer is belowe.

Die skynbare gevoel teen die afsluiting van die vergaderin­g was dat dit ordelik en met wedersydse respek hanteer is.

 ?? ?? Die burgemeest­er spreek lede van die boubedryf in die stadsaal toe tydens ‘n onlangse vergaderin­g.
Die burgemeest­er spreek lede van die boubedryf in die stadsaal toe tydens ‘n onlangse vergaderin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa