Mossel Bay Advertiser

Spekboomdo­olhof kom aan

-

Heiderand spog eersdaags met ‘n unieke en besonderse aktiwiteit­saanwins. Lede van die publiek wat in Apiesdorin­gstraat in Heiderand gery het, het waarskynli­k lede van die Mosselbaai-munisipali­teit se parkespan in die oop ruimte langs die straat aan die werk opgemerk. Dit is die begin van die langverwag­te spekboomdo­olhof waartoe menige Mosselbaai­er bygedra het deur spekboomst­eggies te skenk.

In September en Oktober 2023 het die munisipali­teit 'n oproep tot aksie gedoen vir skenkings om 'n totaal van 6 000 steggies in te samel, wat benodig is om dié inisiatief 'n werklikhei­d te maak. Die teiken is vroeër vanjaar bereik toe die finale skenking in Wolseley ingesamel is. Op die oomblik word die basiese voorbereid­ings vir die doolhof gedoen en as die weer dit toelaat, begin die plantery op 6 Mei.

Die parke afdeling was die afgelope week of wat doenig om die uitleg van die doolhof uit te merk. Wat daarop volg is die uitmerk van die 6 000 plekkies waar die spekbome ‘n bepaalde afstand uitmekaar geplant sal word. Danksy die departemen­t bosbou, visserye en die omgewing, word fondse bewillig om tien uitgebreid­e openbare werke program-werkers aan te stel en te betaal om met die plantwerk te begin.

Opvoedkund­ige aktiwiteit­e

Daar word beplan dat die doolhof, wat ongeveer 40m by 40m sal beslaan, verskillen­de stasies of ruimtes sal insluit. Dit sal onder meer opvoedkund­ige aktiwiteit­e gemik op kinders insluit. Danksy deelname en belangstel­ling vanuit die publiek, is daar ook speletjies wat deur middel van houtrame in die doolhof opgerig sal word. Dit sluit onder meer kruisies en kringetjie­s in, soos die munisipali­teit reeds by ‘n park in Bayview geïmplemen­teer het.

Die munisipali­teit het reeds in die beplanning­sfase die publieke veiligheid in ag geneem met betrekking tot die vestiging van die doolhof. Daarom sal die hoogte van die spekbome beperk word. Ander maatreëls soos die inplant van pale wat toegang vir fietse sal verhoed, word ook beplan. Die doolhoof is uitsluitli­k vir stappers en dit word in die vooruitsig gestel dat die paadjies ruim genoeg sal wees om twee-twee stappers langs mekaar toe te laat.

Bo en behalwe die genoemde maatreëls, is ‘n vergaderin­g tussen die munisipali­teit, die wyksraadsl­id en belanghebb­endes soos die munisipali­teit se vennote in gemeenskap­sveilighei­d, onder andere Heiderand-buurtwag en Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns in die beplanning om enige verdere versoeke aan te hoor.

 ?? ?? Hendrik Kammies van die parkespan besig om die uitmerking vir die doolhof te doen.
Hendrik Kammies van die parkespan besig om die uitmerking vir die doolhof te doen.
 ?? ?? Van die bruggies wat deel van die doolhof sal maak word reeds gebou.
Van die bruggies wat deel van die doolhof sal maak word reeds gebou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa