Maak gebruik van kortings beskikbaar
Die Mosselbaai-munisipaliteit het verskeie opsies aan lede van die publiek met betrekking tot hulp aan diegene wat nie hulle finansiële verpligtinge kan nakom nie. Hierdie hulp word aangebied in die vorm van deernissubsidies asook pensioenarisafslag.
Die Mosselbaai-munisipaliteit hou gereeld uitreikgeleenthede in die gemeenskap om inwoners by te staan om vir deernissubsidies en pensioenariskortings aansoek te doen. Die wyksbesoeke skuif na verskillende areas soos geskeduleer word. Die volgende sessies word gehou:
6 Mei – Greenhaven-gemeenskapsaal (Wyk 14)
7 Mei – Danabaai-gemeenskapsaal (Wyk 11)
8 Mei – Friemersheim-gemeenskapsaal (Wyk 14)
Deernissubsidies
Deernissubisies word befonds deur die Staat in terme van die billike aandeel (equitable share), wat deur die Nasionale Tesourie aan plaaslike regerings betaal word.
Die munisipaliteit het vier vlakke wat deernissubsidies wat beskikbaar is.
Dit is:
Waardasie deernishuishoudings (eiendomswaarde van R125 000)
Deernis vlak 1 = huishoudelike inkomste van alle inwoners ouer as 18 jaar is minder as R4 400 per maand.
Deernis vlak 2 = indien die huishoudelike inkomste van alle inwoners ouer as 18 jaar minder as R8 800 per maand is.
Deernishuishouding, wat 'n persoon met gestremdheid huisves = indien die huishoudelike inkomste van alle inwoners ouer as 18 jaar minder as R8 800 per maand is.
Huiseienaars met 'n residensiële eiendomswaardasie van minder as R125 000 = kwalifiseer outomaties
Voordele aan deernishuishoudings
Waardasie deernishuishoudings, deernis vlak 1-huishoudings en deernishuishoudings waar 'n persoon met 'n gestremdheid woon, ontvang: 6kl gratis water
50 kWh gratis elektrisiteit per maand betaal geen basiese heffings vir wateren elektrisiteitsdienste nie
betaal geen eiendomsbelasting, vullisdienste of riooldienste Deernis vlak 2-huishouding ontvang:
6kl gratis water en 25 kWh gratis elektrisiteit per maand
betaal slegs 50% van die basiese heffings vir waterdienste
betaal slegs 50% van eiendomsbelasting, vullisdienste en riooldienste
Die Mosselbaai-munisipaliteit hou gereeld uitreikgeleenthede in die gemeenskap om inwoners by te staan om vir deernissubsidies en pensioenariskortings aansoek te doen.
Pensioenariskortings
Die Mosselbaai-munisipaliteit staan ook bejaardes in die vorm van pensioenariskortings op eiendomsbelasting, rioolheffings by en vanaf 1 Julie 2023, ook die basiese heffing op elektrisiteit.
'n Pensioenaris-huishouding wat tot R18 100 per maand verdien, ontvang 'n 50%-subsidie. 'n Pensioenarishuishouding wat tot R24 200 per maand verdien, kwalifiseer vir 'n subsidie van 30%, onderhewig aan sekere voorwaardes.
Vir verdere inligting oor kortings, skakel Debtpack (044 620 4480) of (044 606 5000) Mosselbaai-munisipaliteit – finansies afdeling.