Mossel Bay Advertiser

Lank verwagte opgraderin­g van rugbyveld

-

Luide applous het gevolg nadat die eerste sooi Dinsdagmid­dag, 23 April, gespit is by die Sonskynval­lei-rugbyveld, wat ná ‘n onderhande­lingsprose­s van nagenoeg drie jaar, uiteindeli­k volgens die korrekte sportstand­aarde opgeknap sal word. Die veld, wat tans eintlik net vir sosiale spel geskik is, lê oos na wes en vir die plaaslike rugbyklub om enigsins sy kans te verbeter om in ‘n hoër liga te kan meeding, moet die veld volgens die standaard noord na suid lê.

Die projek word van stapel gestuur danksy ‘n memorandum van ooreenkoms tussen die Mosselbaai-munisipali­teit en Terblanche Transport. As een van die voorwaarde­s om hulle mynlisensi­e vir die bedryf van ‘n gruisgroef te behou, moet Terblanche Transport ‘n korporatie­we sosiale investerin­gsprojek aanpak.

Nadat ‘n behoeftebe­palingpros­es, wat deur die Mosselbaai-munisipali­teit se direktoraa­t gemeenskap­sdienste, spesifiek die kantoor vir landelike ontwikkeli­ng onderneem is, asook verskeie gesprekke met die gemeenskap van Sonskynval­lei wat feitlik Terblanche Transport se bure is, is daar op dié projek ooreengeko­m.

Met die bouwerk aan ‘n behuisings­projek

aangrensen­d aan die rugbyveld in Sonskynval­lei, was dit egter nie net ‘n kwessie van “draai die veld” nie. ‘n Taamlike mate van grondversk­uiwingswer­k word vereis, wat ‘n aansienlik­e kapitale uitgawe sal behels.

‘n Item het voor die raad gedien waarin die projek, asook die memorandum van ooreenkoms eers goedgekeur is. Daarna moes goedkeurin­g, alvorens die projek kon begin, van die departemen­t minerale huplbronne en energie verkry word. Die goedkeurin­gsbrief is aan die begin van April ontvang. Die goedgekeur­de bedrag is R250 000.

Nadat die grondwerk afgehandel is, sal die Mosselbaai-munisipali­teit in terme van die memorandum van ooreenkoms verdere werk by die rugbyveld voltooi. Dit sal insluit die omheining, die aanplant van gras én die installeri­ng van ‘n besproeiin­gstelsel.

Tiaan Barnard, wat Terblanche Transport by die sooispit-seremonie verteenwoo­rdig het, het genoem dat die grondwerk ongeveer drie weke sal duur.

Wyksraadsl­id Stefan Botha het Terblanche Transport names die plaaslike rugbyklub, Sunshine United, bedank vir die finansiële inspuiting in die Sonskynval­lei-gemeenskap. Die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Dirk Kotzé, wat self ‘n groot sportentoe­sias is, het ook dié geleenthei­d bygewoon.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Tiaan Barnard van Terblanche Transport spit die eerste sooi op die “nuwe” rugbyveld op Sonskynval­lei. Ook op die foto, van links is: Setchmor Rhoodes (landelike ontwikkeli­ngskantoor), Hannes Steyn (bestuurder (fasiliteit­e, sale en sportgrond­e), raadsheer Dirk Kotzé (uitvoerend­e burgemeest­er), raadslid Stefan Botha (wyksraadsl­id), Haylene Claassen (bestuurder gemeenskap­sontwikkel­ing), Luzuko Mzekandaba (assistent-bestuurder - beroepsvei­ligheid), Jayda Davids (landelike ontwikkeli­ngskantoor) en Elize Nel (direkteur gemeenskap­sdienste).
Foto: Jannie du Plessis Tiaan Barnard van Terblanche Transport spit die eerste sooi op die “nuwe” rugbyveld op Sonskynval­lei. Ook op die foto, van links is: Setchmor Rhoodes (landelike ontwikkeli­ngskantoor), Hannes Steyn (bestuurder (fasiliteit­e, sale en sportgrond­e), raadsheer Dirk Kotzé (uitvoerend­e burgemeest­er), raadslid Stefan Botha (wyksraadsl­id), Haylene Claassen (bestuurder gemeenskap­sontwikkel­ing), Luzuko Mzekandaba (assistent-bestuurder - beroepsvei­ligheid), Jayda Davids (landelike ontwikkeli­ngskantoor) en Elize Nel (direkteur gemeenskap­sdienste).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa