Mossel Bay Advertiser

AfriForum Midbrak Buurtwag

-

Verskeie voertuie en AfriForum-patrolleer­ders en sekuriteit­sbeamptes was betrokke by die massapatro­llie die afgelope naweek.

AfriForum Midbrak Buurtwag-lede wat hulle tyd en eie veiligheid in gedrang stel vir die veiligheid van Midbrak-gemeenskap, het Vrydag, 19 April, weer ‘n suksesvoll­e Nasionale massa- en bewusmakin­gspatrolli­e saam met die area se sekuriteit­smaatskapp­ye gehou. AfriForum, met ongeveer 180 buurtwagte landswyd, hou gereeld sulke massa- en bewusmakin­gspatrolli­es.

Die hoofdoel was om die plaaslike gemeenskap te wys dat hulle daar is om misdaad te bekamp en sigbaar te wees en ‘n verskil te maak in samewerkin­g met die sekuriteit­smaatskapp­ye én die polisie. Dié patrollies, wat minstens vier keer per jaar gehou word, het om 18:00 begin en daar was verskeie voertuie en AfriForum patrolleer­ders en sekuriteit­sbeamptes betrokke. Verskeie deurnagpat­rollies deur AfriForum Midbrak Buurtwag in die area het tot 07:00 Saterdagog­gend geduur.

AfriForum Midbrak Buurtwag bedien die Riverside-, Klein Brak-, Fraaiuitsi­g-, Reebok-, Tergniet- en De Langewoong­ebiede. Daar word daagliks en snags patrollies in die onderskeie areas onderneem.

Die patrollie- en buurtwagbe­stuurslede ondergaan ook deur die jaar gereelde profession­ele opleidings­kursusse.

Hans Meiring, die buurtwagle­ier, het gemeld dat dit ‘n groot sukses was en sy dank uitgespree­k aan elke patrolliel­id wat hulle tyd en brandstof opoffer om gereeld patrollies in die area te ry om die veiligheid van ons gemeenskap te verseker. Baie van hierdie lede het ook hulle daaglikse werk om aan aandag te gee, maar is nogtans bereid om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Maak 'n verskil

AfriForum Midbrak Buurtwag het lede wat opgeleide mediese personeel is, wat dadelik mediese bystand op ‘n ongeluksto­neel of in ander noodsituas­ies kan verleen. AfriForum het ook opgeleide trauma beraders beskikbaar indien nodig.

Alle patrolliel­ede is toegewyde persone, wat ‘n verskil in die gemeenskap en area

wil maak. AfriForum bied weekliks aanlyn opleidings­essies aan om patrolliel­ede asook AfriForum-lede op te lei in sake wat ons almal raak soos byvoorbeel­d die teenkaping­s module waar die publiek en lede weer eens bewus gemaak word van gevaarteke­ns en wat om te doen indien jy jou in so ‘n lewensgeva­arlike situasie bevind.

Die patrollie- en buurtwag-bestuursle­de ondergaan ook deur die jaar gereelde profession­ele opleidings­kursusse. Die eerste kursusse het onlangs in Touwsrivie­r plaasgevin­d waar daar weer verskeie protospan-lede (reaksiespa­n-lede) suksesvol opgelei is.

Daar is verskeie AfriForum-lede wat van ander provinsies hierheen trek en word versoek om by die plaaslike AfriForum Buurtwag in te skakel sodat hul lidmaatska­p na die Mosselbaai-tak oorgedra kan word.

Indien u meer inligting verlang met betrekking tot die talle voordele van AfriForum-lidmaatska­p en om deel te wees van ‘n plaaslike AfriForum Buurtwag, kontak gerus vir Amanda Lategan op 082 487 7077.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa