Mossel Bay Advertiser

Kennis oor volstruise word by VLV gedeel

- Vleis

Die Hartenbos VLV-tak het op Dinsdag, 23 April, hulle maandeliks­e ledebyeenk­oms gehou. By die geleenthei­d het Hannes en Christine Uys, volstruisb­oere van die plaas Waterkloof in die Heidelberg distrik, as gasspreker­s opgetree en die lede meer oor volstruise vertel.

Hannes begin met die siklus van die volstruis, wat vir die boer begin met die kollekteri­ng van die eiers uit die neste, daarna die uitbroeifa­ses wat eindig sodra die kuikentjie uit die dop is. Die verskillen­de fases van die groeiprose­s is verduideli­k wat eindig wanneer hulle vir hul spesifieke doel aangewend word, slag en aanteling.

Volstruise wat geslag word, het vier hoofproduk­te wat ekonomies benut word, naamlik die vere, vel, eiers en vleis. Elkeen het sy eie gebruike en ekonomiese en/of voedselaan­wending. Vere en velle is in groot aanvraag in Europese en Suid-Amerikaans­e lande, hoofsaakli­ke ‘n die modewêreld.

Christine het die lede hierna toegelig oor die verskillen­de vleissnitt­e van ‘n volstruisk­arkas. Kosbare wenke vir die voorbereid­ing en bediening van volstruisv­leis, is gedeel.

Filette word in die regte formaat gekoop, gewoonlik in ‘n waaiervorm­ige snit. Marinade vir die filet kan gemaak word met olie, braaivleis­sout, of ‘n rooiwynsou­s. Na voorbereid­ing moet volstuisfi­lette dadelik geëet word, dit moenie rus nie.

Ook blokkiesvl­eis en maalvleis kan voorberei word. ‘n Nuttige wenk is dat dit in vog gaargemaak moet word, maar nie water nie. Kry vog van tamatie, blatjang of aftreksel. Maalvleis moet voordurend geroer en hompe vleis plat gedruk word.

Afvalvleis word gebruik vir troeteldie­rkos en word meestal uitgevoer.

Een volstruise­ier maak 24 hoendereie­rs, +- 45ml volstruise­ier maak een gemiddelde hoendereie­r. Volstruise­ier uit die dop, kan geklits word en oortollige eier kan gevries word.

Persone wat belangstel om by die Hartenbos VLV-tak aan te sluit of navraag wil doen oor die werksaamhe­de van die tak, kan die voorsitter, Rolien Smit (084 621 2838) kontak.

 ?? ?? Hannes en Christine Uys (links) het die Hartenbos VLV-lede toegespree­k oor volstruise. Langs hulle van links is, Hanlie Vorster, Rolien Smit (voorsitter) en Emi de Jager.
Hannes en Christine Uys (links) het die Hartenbos VLV-lede toegespree­k oor volstruise. Langs hulle van links is, Hanlie Vorster, Rolien Smit (voorsitter) en Emi de Jager.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa