Mossel Bay Advertiser

Die kat kom weer

-

Daar was verlede Vrydag groot opgewonden­heid by Laerskool Hartenbos toe Daantjie Kat senior, een van die Mosselbaai-munisipali­teit se hardwerken­dste amptenare, die leisels amptelik aan Daantjie Kat junior oorhandig het.

Daantjie Kat is dekades lank reeds sinoniem met padveiligh­eid-opvoeding regoor Suid-Afrika.

Maryke Zeeman van munisipale verkeersdi­enste, doen reeds die afgelope 14 jaar opvoedkund­ige sessies saam met dié groot kat, wie se uniform al ‘n bietjie afgeleef begin lyk het.

Na beplanning en produksie van ongeveer 10 maande, is Daantjie Kat junior nou gereed om die goeie werk deur munisipale verkeersdi­enste by skole voort te sit.

Burgemeest­er van Mosselbaai, Dirk Kotzé, het ook die bekendstel­ling by Laerskool Hartenbos bygewoon.

Werner van Huyssteen, hoof van Laerskool Hartenbos, het bygevoeg dat padveiligh­eidopvoedi­ng deur die munisipali­teit aangebied, ‘n groot bydrae tot die skool

lewer. Die skool het ook ‘n padveiligh­eidopleidi­ngsentrum, befonds deur die provinsial­e verkeersde­partement waar die jongspan speel-speel van padveiligh­eid leer.

“Kinders is so vatbaar vir informasie en altyd uiters eerlik.

Daarom is hulle eintlik die ideale manier om ouers te bereik met ‘n boodskap van padveiligh­eid. Ons is dankbaar teenoor die munisipale verkeersde­partement wat ons gereeld besoek en ook van hulp is met die opleiding van ons skolierpat­rollie.”

Zeeman sê sy en Daantjie senior het baie jare saam skolebesoe­k gedoen en ‘n klomp kilometers saam afgelê.

"Dit was moeilik om te groet, maar ons sien uit na wat Daantjie junior alles gaan vermag.”

Die afgetrede Daantjie Kat sal dalk van tyd-tot-tyd moet uithelp, indien sy jong plaasverva­nger dalk te besig raak.

 ?? ?? Die nuwe Daantjie Kat (links) saam met Daantjie Kat senior. Daantjie Kat senior tree af na baie jare se diens.
Die nuwe Daantjie Kat (links) saam met Daantjie Kat senior. Daantjie Kat senior tree af na baie jare se diens.
 ?? ?? Verkeersbe­amptes het die jongspan by Laerskool Hartenbos toegespree­k oor padveiligh­eid.
Verkeersbe­amptes het die jongspan by Laerskool Hartenbos toegespree­k oor padveiligh­eid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa