Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai ‘n grysparady­s

-

Ons ou dorpie is al vergelyk met ‘n groot aftreeoord sonder ‘n dak. Vandag sê iemand vir my hulle gaan op hulle laaste karavaanva­kansie want die jare tel teen hulle en die kragte raak min. Ouderdom is nie vir sissies nie sê hulle. Maar wat is die alternatie­f ?

Vandag se 80 is nou die dag se 60. ‘n Paar jaar terug het 60-jariges gesit en hekel met ‘n grys bolla. Deesdae se 80-jariges se dagboeke is vol afsprake: pilates agtuur, gesigsbeha­ndeling elfuur, brug in die middag, bybelstudi­e die aand.

So gaan dit dag na dag tot dit uiteindeli­k naweek is en ons 80-jarige dame met die kastaiïngb­ruinhare en effens geplooide gesig net die Parkrun Saterdag afransel en Sondag kerk toe gaan en tee bedien voor sy kan rus voor die volgende volgepakte week begin.

Ons nuwe bejaardes is te besig om tyd te kry vir siekword. Of kla. Vergeetagt­igheid is dalk ‘n simptoom van die jare, maar behalwe vir dagboekhou van al die doendinge pla dit min. Na 70 kan mens eet wat jy wil, doen wat jy wil, sê wat jy wil. Dit is ‘n nuutgevond­e vryheid wat mens voluit voordeel uit moet trek.

Vryheid van spraak

Soos die tannie wat by die bybelstudi­e haar gunsteling­versie gesoek en gesoek en gesoek het tot sy frustreerd uitroep, f*# dominee, ek kry dit nou nie. En die dominee die staaltjie woord vir woord op haar begrafnis vertel, want hy het ook die ouderdomsp­erk vir woorde tel verbygeste­ek. Daar is soveel verskoning­s wat mens kan en mag en moet gebruik om mens se vryheid van spraak en optree te verdedig: ai dit moet die nuwe bloeddrukp­ille wees, ek kan nie meer so goed sien nie/hoor nie/ onthou nie. Intussen was alles gesê en gedoen met intensie.

Soos die staaltjie van Winston Churchill en die ou dame in die hysbak wat vir hom sê hy is dronk. Toe antwoord hy ja ek is, maar môre is ek nugter en jy steeds lelik. Behalwe die vryhede is daar die voordele: afslag op alles van fliek tot koskoop. Mens moet mooi boekhou van watter dag waar die meeste tot voordeel is. Koskoop Woensdae, viseet Donderdag, massering Vrydag. Die weke is te kort vir al die afslagte inpas.

Voluit leef

Jou tyd is jou eie en daar is minder dae voor ons as agter ons, so mens moet die tyd uitkoop. Voluit leef. Kennis en ervaring gevraag en ongevraag uitdeel, want die jeug het dit nodig om hulle toekoms te kan bou met dieper insig. Gee en weggee, want waarheen gaan mens met alles? Die stil wysheid wees om die tiktok-generasie tot orde te roep.

Plooie is een vir een verdien en moet gewig gee aan woorde. Gelukkig gaan ons geliefde se nabyvisie agteruit soos die plooie verdiep. Mens noem dit genade.

Soos die een kleinkind vir haar ouma sê: ek wil ook eendag gekreukel wees soos ouma want dit maak mens mooi. Die kleintjie het die liefde en omgee in elke plooi gesien.

Oumas mag maar mollig en sag wees. Oupas halstarrig en moeilik. Solank hulle skote en hul harte wydoop staan vir die kleinkinde­rs.

Nee, Mosselbaai is nie ‘n ouetehuis nie. Dis 'n grysparady­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa