Mossel Bay Advertiser

Dit knal in die klowe op Nooitgedag

- Marina van der Westhuizen

Die Potgieters van die plaas Nooitgedag buite Calitzdorp, het op Saterdag, 20 April, die rigting aangewys vir deelnemers van Suid-Kaap Jagters en Bewaringsv­ereniging (SJB) se veldskiet. Die opkoms was goed en inskrywing­s het ingestroom uit dele van die Tuinroete, Karoo en Klein Karoo vir die jaggeweeru­itdaging.

Die Karoo-son het vroeg al gebak en die koelte was skraal onder die doringbome, maar dit het nie die entoesiasm­e van die 55 skuts gedemp nie. Vyf bane is opgestel met papierteik­ens en gongs. Die naaste papierteik­en is opgestel op ‘n afstand van 60 meter en die verste gong moes oor ‘n afstand van net oor die 300 meter getref word. Skuts was tydgebonde en is vyf skote per baan toegelaat. Hulle skietvernu­f is behoorlik op die proef gestel. Hulle moes uit verskeie skietposis­ies skiet. By van die bane kon hulle rus neem oor hooibale en by ander bane was daar skietstutt­e wat gebruik was. Vir kwesskote was punte afgetrek. Baanoffisi­ere van

Hulle skietvernu­f is behoorlik op die proef gestel. Hulle moes uit verskeie skietposis­ies skiet.

Mosselbaai, Riversdal en Albertinia het bane beman en gesorg dat veiligheid eerste kom.

Skuts kon deelneem in vier afdelings. Die veterane het mekaar behoorlik die stryd aangesê. In dié afdeling het Ford Winnertz met ‘n enkele punt geseëvier. Zoey Botha het haar titel in die vroue-afdeling verdedig en die jaar weer die goue medalje op die tafel verower.

Voorsitter van SJB, Wynand Fourie, bedank almal wat bygedra het om van dié dag ‘n reuse sukses te maak. "Die harde werk word nie misgekyk nie en die grootharti­gheid van plaaslike besighede wat saamstaan om die kompetisie aan te bied word hoog op prys gestel. Die goeie opkoms bewys weer eens dat dit ‘n gesogte sport is wat beoefen en geniet word deur oud en jonk. Daar is min sportsoort­e waar ‘n oupa en sy kleinseun kan deelneem in dieselfde kompetisie.”

SJB nooi alle belangstel­lendes om die webwerf te besoek of die kantoor te kontak by www.suidkaapja­gters.co.za of 044-6952319.

 ?? ?? Wenners van die vroue-afdeling is van links: Daniëlle Nel (brons), Zoey Botha (goud) en Janine Nigrini (silwer).
Wenners van die vroue-afdeling is van links: Daniëlle Nel (brons), Zoey Botha (goud) en Janine Nigrini (silwer).
 ?? ?? Die ope wenners is van links: Martiens Bekker (brons), De Waal Nigrini (goud) en Hein de Swardt (silwer).
Die ope wenners is van links: Martiens Bekker (brons), De Waal Nigrini (goud) en Hein de Swardt (silwer).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa