Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai Rugbyklub skop goed af

-

Die Hi-Q Mosselbaai Rugbyklub, oftewel die Mosselbaai Marlyne, is ná 'n afwesighei­d van langer as 'n jaar, vanjaar weer in aksie in die Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se Kusliga. Die Marlyne was die afgelope Saterdag op Riversdal in aksie waar hulle die span van United Kings in die Garcia Stadion behoorlik afgestof het deur dié kragmeting met 59-0 te wen. Dit was die Marlyne se tweede wedstryd in die liga ná die span van Sunshine United van Sonskynval­lei in die eerste wedstryd ook met 5-17 die knie moes buig teen die Mosselbaai­ers.

Die Marlyne, wat in dié stadium net met een span in die liga in aksie is, het teen Kings van die begin die krane oopgedraai en nege keer agter die doellyn van die tuisspan gaan kuier. Met die rustyd was die telling reeds 38-0 in die guns van die besoekers.

Vir Mosselbaai het JP Smit (2), Johan van Wyk, Coenie Jansen van Rensburg, JC Barnardo (kaptein), Ryan du Rand, Chris

Horn, Seger du Plessis en Brandon Spies agter kings se doellyn gaan afrond terwyl Samuel Vos met sewe doelskoppe suksesvol was.

Volgens die president, Riaan van der Heyde, sien hulle baie uit na die 2024-seisoen en is nuwe belangstel­lendes steeds welkom om by die klub aan te sluit. Oefentye is Maandae en Donderdae van 18:00 tot 21:00 in die Van Riebeeck Stadion. Vir meer inligting kan die hoofafrigt­er, Jaco Prinsloo, (082 875 7055) gekontak word.

Saterdag

Mosselbaai het môre, Saterdag, 27 April, 'n tuiswedstr­yd wanneer hulle in die Van Riebeeck Stadion teen Proteas van Ruiterbos te staan kom. Die hekke open reeds om 14:00 met die afskoptyd, wat om 15:00 is.

Toegang beloop R20 per volwassene, R10 vir kinders en R10 per voertuig.

 ?? ?? Mosselbaai Rugbyklub se span wat vanjaar in die SWD se Kusliga deelneem en verlede Saterdag vir United Kings van Riversdal met 59-0 geklop het.
Mosselbaai Rugbyklub se span wat vanjaar in die SWD se Kusliga deelneem en verlede Saterdag vir United Kings van Riversdal met 59-0 geklop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa