Mossel Bay Advertiser

Sages besoek Stilbaai

- Marius Loubser Stilbaai

Verlede naweek se groot mistigheid langs die kus het op Maandag, 22 April, gelig en 'n heerlike sonskyn herfsdag het die 72 Suid-Kaap Sages spelers op Stilbaai verwelkom. As jy ooit getwyfel het oor redes waarom so baie mense Stilbaai toe trek om daar af te tree, dan sou dié mooie dag in 'n pragtige omgewing een van hoofredes wees. Baie dankie aan die Stilbaai Gholfklub vir sy gasvryheid en effektiewe reëlings vir die dag.

Nasionale kampioensk­appe

Die lede van die Suid-Kaap Sages bestuur staan voor 'n reuse uitdaging: hulle bied van die 6de tot die 10de Mei die Nasionale byeenkoms van die Sages op Mosselbaai aan. 'n Totaal van 240 spelers van oor die hele land gaan oor vier dae op die gholfbane van Mosselbaai en Pinnacle kragte meet. Uit die aard van die omvang van die toernooi is al die reëlings al in 'n gevorderde stadium en die persone in beheer hiervan, word baie sterkte toegewens.

Die Stilbaai-kompetisie die afgelope Maandag se formaat was 'n Individuel­e Stableford en die relatief lae tellings van die 72 spelers is 'n aanduiding dat die nat baan en Suidwes-briesie tog die spelers gepla het. Die volgende spelers het die beste vertoon:

1. Tony Bailey (Stilbaai) 37; 2. Colin Sharwood (Riversdal) 37; 3. Kalla Kalsbeek (Mosselbaai) 37;

4. Craffie Crafford (M) 37; 5. Gary Ristow (S) 36;

6. Willie Albertyn (S) 35; 7. Stoffel Maritz (M) 35;

8. Gert Brink (M) 35; 9. Dawid Gerber (M) 34 en Branko Celica (S) 34.

Die naaste aan die penne, soos altyd geborg deur JC Slagterye van Riversdal, is gewen deur Wimpie O'Connell van Stilbaai op 2/11 en Denzil Geldenhuys van Riversdal op 8/17. Wimpie O'Connell (S), Dawid Gerber (M), Wilhelm Steenkamp (S), Willem Nel (M) en Stoffel Maritz (M) het spogtwees behaal.

Die volgende gewone Sages kompetisie is 'n Geelbal-Beterbalko­mpetisie op 18 Junie op Riversdal.

 ?? ?? Wenners van die Sages op Stilbaai is van links, Craffie Crafford, Kalla Kalsbeek, Colin Sharwood en Tony Bailey.
Wenners van die Sages op Stilbaai is van links, Craffie Crafford, Kalla Kalsbeek, Colin Sharwood en Tony Bailey.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa