Mossel Bay Advertiser

Bedrywige April op die gholfbaan

-

Die Woensdagko­mpetisies by die Mosselbaai Gholfklub is baie gewild en spelers sien dit nie net as 'n middel van die week kompetisie­tjie nie, maar speel op dié dae baie mededingen­de gholf.

Die Bounty Meat-borgdag het soos gewoonlik op die eerste Woensdag (3 April) van die maand plaasgevin­d en hier was dit 'n man en twee vroue wat in perfekte weersomsta­ndighede mekaar die stryd aangesê het om die eerste plek. Die wenner is op 'n uittel bepaal met Heinrich Sass (40 punte), die gelukkige wenner. Helena Griesel neem die tweede plek in en Dawn Wessels die derde plek - beide ook op 'n uittel.

Tydens Woensdag, 10 April, se Mosselbaai Toyota-borgdag het die veld uit 122 spelers bestaan. Die klub se span 1-ligakaptei­n, Danie van Langelaar, en sy spanmaat, Francois Swanepoel, wat ook 'n ligaspeler is, stap as wenners van die baan met 'n telling van 45 punte. Hulle klop André van Wyk en Stiaan Stander ná die uittel. Die derde plek is deur Mosselbaai se Pro Shop-bestuurder, Arrie van der Linde, en sy spanmaat, JJ Joubert, ingeneem met 'n telling van 44 punte.

Vir Hein van Niekerk was Woensdag, 17 April, 'n goeie dag toe hy die maandeliks­e Denzil Klue Properties-borgdag in sy "sak gesteek" het. Hy teken 'n telling van 43 punte aan om as wenner van die dag aangewys te word. Dié gewilde borgdag, wat elke derde Woensdag van die maand plaasvind, het 'n veld van 130 spelers getrek. Daar was vier spelers wat 40 punte aangeteken het. Die tweede plek is, ná die uittel, deur Stiaan Stander gewen met Morné Hugo derde, Div de Villiers vierde en Roland Nielsen vyfde.

Saterdae

Saterdag, 6 April, se kompetisie het in koue en winderige weersomsta­ndighede plaasgevin­d. Die veld het bestaan uit 114 toegewyde spelers. Noel Hudson en sy span, George Ferns, Gerrit Meyer en

Wilhelm Meyer neem die eerste plek in met 'n telling van 90 punte. In die tweede plek, met 88 punte, was dit, Pat Good, Roland Nielsen, Steve McNally en Atta van Niekerk en in die derde plek met 86 punte, Gerhard Combrink, Kabous Pretorius, Koos van Niekerk en André du Plessis.

Chris en Alda Wagener (61 punte) het koning gekraai tydens Saterdag, 13 April, se Beterbal medalkompe­tisie. In die tweede plek, kort op die wenners se hakke, was dit Gerhard Vorster en Hilton Duminy met 'n telling van 62. Derde was Adin van Aswegen en Eugene Duthie (63), vierde Gavin Reynolds en Mervin Samboer (64) en in die vyfde plek Guy Wiltgen en Michelle Wiltgen, ook met 64.

 ?? ?? Amanda Sheppard (Denzil Klue Properties) saam met die wenner van die dag, Hein van Niekerk.
Amanda Sheppard (Denzil Klue Properties) saam met die wenner van die dag, Hein van Niekerk.
 ?? ?? Stiaan Stander het die tweede plek in die Denzil Klue Properties-borgdag behaal.
Stiaan Stander het die tweede plek in die Denzil Klue Properties-borgdag behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa