Mossel Bay Advertiser

Babaas bly op koers, behou aanspraak

- Charles Theunissen

Ná die nederlaag teen Harlequins van Oudtshoorn in die vorige ronde van die Super Liga in die Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se klubrugby-liga, het Barbarians van Mosselbaai die afgelope Saterdag op D'Almeida Park goed teruggesla­an deur dié belangrike tuiswedstr­yd teen Evergreens van Pacaltsdor­p met 32-16 te wen. Dit was 'n belangrike oorwinning om die Babaas se 2024-seisoen op koers te hou waar dié span ná vyf wedstryde steeds die eerste posisie op die punteleer beklee.

Die nederlaag teen Quins was 'n wekroep vir die Barbarians en in aanloop tot die kragmeting teen Evergreens is daar hard agter die skerms gewerk om probleem-areas aan te spreek. Dit het tot gevolg gehad dat die Babaas teen die besoekers een van sy meer afgeronde vertonings sover dié seisoen opgedis het. Dit voorspel alles goeie dinge vir die Babaas en met nog ses wedstryde oor voor die eerste ronde van Premier Liga voltooi word, sal dit baie vir die span se selfvertro­ue beteken.

Teen die swaarder pak voorspeler­s van die besoekers, was die Barbarians veral in die eerste helfte onder groot druk geplaas in die vaste fasette. Die Barbarians het egter geleidelik hul ritme gevind en beter vertoon in die vaste fasette en baie goeie teenstand gebied. Die tuisspan se verdedigin­g was ook besonder goed ná dit gelol het teen Harlequins die vorige week en Evergreens is in die eerste helfte nooit toegelaat om die doelgebied te haal vir 'n vyfpunter nie. Dit het die tuisspan in staat gestel om met die draaislag met 10-3 voor te loop en 'n opwindende tweede helfte is in die vooruitsig gestel.

Tweede helfte

Die tweede helfte het teen 'n geweldige pas begin en toe Evergreens met 'n strafdoel en 'n onverdoeld­e drie met 11-10 die voortou geneem het, was dit voldoende beloning vir kanse wat suksesvol afgerond is. Die Babaas het egter teruggesla­an en korstondig die voortou geneem voor die besoekers met nog 'n onverdoeld­e vyfpunter die telling tot 16-17 gevoer en die wedstryd fyn gebalansee­rd was en kon nog enige kant toe swaai.

Die tuisspan het egter veral in die laaste tien minute met goeie konstrukti­ewe en aanvallend­e spel die skaal in sy guns geswaai en met nog twee drieë sy heerskappy ingevryf om uiteindeli­k welverdien­d as die oorwinnaar van die veld te stap.

Ander spanne

Barbarians se B- en C-spanne, wat nog onoorwonne is ná vyf wedstryde, het onderskeid­elik met 27-11 en 21-3 gewen. Hierdie naweek het die klub geen wedstrydve­rpligtinge nie en pak Heidelberg volgende week in ‘n wegwedstry­d.

 ?? Foto: Breyton Robertson ?? Curshwin Mono (vleuel) van Barbarians op die aanval, met Barend Alexander (stut) kort op sy hakke.
Foto: Breyton Robertson Curshwin Mono (vleuel) van Barbarians op die aanval, met Barend Alexander (stut) kort op sy hakke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa