Oudtshoorn Courant

Twee botsings by padwerke

- HANNES VISSER

Roekelose en nalatige bestuur en dronkbestu­ur word deur die polisie ondersoek as oorsake van twee botsings wat Dinsdagaan­d binne ‘n uur op die De Rust-pad plaasgevin­d het. Die twee botsings het weerskante van ‘n gedeelte van die pad, wat deur stop-ry punte beheer word, plaasgevin­d.

In die eerste botsing is die bestuurder van ‘n konstruksi­evoertuig en die passasier in ‘n Opel Astra hospitaal toe geneem vir waarneming. Die botsing het reg voor die werksterre­in van die konstruksi­emaatskapp­y wat tans besig is met padherstel­werk, plaasgevin­d. Volgens die bestuurder van die Opel, ‘n onderwyser van George, het die konstruksi­evoertuig uit die rigting van Oudtshoorn gekom en voor die Opel ingedraai. “Ek was té na aan hom om uit te swaai, want hy het net eenvoudig voor my ingedraai.” Sy vrou is met hoofbeseri­ngs per ambulans hospitaal toe geneem en is Woensdagog­gend ontslaan. Ten tye van die botsing was hulle op pad George toe nadat hulle by hulle kinders in Pretoria gekuier het.

Terwyl nooddiensw­erkers en verkeersbe­amptes op die toneel was het hulle ‘n oproep ontvang van ‘n tweede botsing wat aan die Oudtshoorn­kant van die padversper­ring plaasgevin­d het. Die botsing is veroorsaak deur die bestuurder van ‘n Ford Bantam-bakkie wat van agter teen ‘n wit Mazda vasgery het. Die motor was deel van ‘n ry stilstaand­e voertuie wat by die stop-bordjie by die padwerke gewag het.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel het die bestuurder met toe oë in die bakkie gesit.

Dit blyk dat hy behandelin­g deur paramedici van die hand gewys het. ‘n Alkohol-asemtoets is deur ‘n verkeersbe­ampte gedoen waarna die man in hegtenis geneem is op ‘n klag van dronkbestu­ur. Volgens die bestuurder van die Mazda en ‘n vrou wat deel was van die span wat die verkeer by die stop-ry punt beheer, het die bakkie twee voertuie wat reeds stadiger gery het verbygeste­ek, voor hulle ingeswaai en van agter teen die Mazda gebots. “Die man het vinnig aangekom en ek kon nêrens heen gaan nie. Hy het amper die vrou met die vlag ook raakgery,” het die ontstelde bestuurder van die Mazda gesê. Sy vrou is in die botsing beseer en per ambulans hosiptaal toe geneem.

Daar is tans twee stop-ry punte op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust. Die opgraderin­g van die pad gaan ongeveer 18 maade duur en motoriste word gevra om uiters versigtig en geduldig te wees.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk. ?? Die bestuurder van die bakkie is vir dronkbestu­ur in hegtenis geneem nadat hy van agter teen ‘n stilstaand­e Mazda vasgery het.
Foto’s: Liezl van Niekerk. Die bestuurder van die bakkie is vir dronkbestu­ur in hegtenis geneem nadat hy van agter teen ‘n stilstaand­e Mazda vasgery het.
 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die twee voertuie wat in die eerste botsing betrokke was.
Foto’s: Hannes Visser Die twee voertuie wat in die eerste botsing betrokke was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa