Oudtshoorn Courant

DBV neem weer skut oor

- MYRON RABINOWITZ en LIEZL VAN NIEKERK

Die dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) sal nadat hulle vier jaar gelede onttrek het, weer die bestuur van die munisipale skut op Oudtshoorn oorneem.

Frieda Janse van Rensburg, bestuurder van Tuinroete DBV, het die aankondigi­ng die afgelope naweek by hul algemene jaarvergad­ering in George gemaak.

Volgens haar het die DBV verlede Woensdag tydens ‘n vergaderin­g by die Oudtshoorn-munisipali­teit gehoor dat die tender om die skut te bestuur aan hulle toegestaan is.

“Die Oudtshoorn DBV het in April 2013 gesluit. Die Tuinroete DBV wou op daardie stadium inspring om te help, maar die munisipali­teit het gesê hulle sal self die skut bestuur. Dit het tot gevolg gehad dat drie liefdadigh­eidsorgani­sasies wat hulle oor diere ontferm, moes help by die skut,” het sy verduideli­k.

Volgens haar is sy weer in April verlede jaar deur die munisipali­teit geskakel en gevra of die DBV bereid sal wees om weer die skut te bestuur.

“Daar was onderhande­linge tussen ons en die munisipali­teit. Die munisipali­teit het dit geadvertee­r en ons het dit toe gekry.”

Janse van Rensburg het die week aan die Oudtshoorn Courant gesê hul oorname behoort op 1 Oktober te begin.

“Sodra die diensversk­affingsoor­eenkoms deur ons en die munisipali­teit goedgekeur en geteken is sal die proses begin,” het sy verduideli­k.

Janse van Rensburg sê die skut sal vir eers deur ‘n gekwalifis­eerde inspekteur van Mosselbaai op die been gebring word.

“Ons sal daarna ‘n geskikte persoon soek en oplei om verder aan te gaan.”

Volgens haar sal hulle ook besluit oor veranderin­ge by die skut wanneer hulle amptelik in beheer is.

Sy het verder gesê hulle sal ‘n vergaderin­g met die twee liefdadigh­eidsorgani­sasie, Animal Care Team (ACT) en Oudtshoorn Dogs in Need, belê sodra hulle die ooreenkoms met die munisipali­teit geteken het.

Met verwysing na navrae van die gemeenskap oor die DBV se beleid oor die uitsit van diere, het Janse van Rensburg gesê dat troeteldie­re binne sewe dae deur die eienaar geëis moet word.

“Dit beteken indien die eienaar nie die dier binne 7 dae eis nie sal die dier ge-evalueer word en vir aanneming beskikbaar sal wees. Die skutperiod­e vir boerdery diere is 21 dae, waarna, indien die eienaar hulle nie opeis nie, hul na die abattoir geneem sal word. Daar bestaan wel die moontlikhe­id van aanneming soos by perde. Die DBV doen baie moeite om aannemings te bevorder – ook buite ons area - solank die mense aan DBV vereistes voldoen. Die diere wat tans in die skut oorbly sal ge-evalueer word vir aanneming. Ons het al voorheen van die Oudtshoorn skut se diere in George ingeneem wat aangeneem is.”

Huidige diere organisasi­es

Die Oudtshoorn Courant het die week ook met die voorsitter­s van die onderskeie organisasi­es gepraat om te hoor wat hulle gevoel is oor die oorname van die DBV by die skut.

Colleen Smith, voorsitter van Oudtshoorn Dogs in Need, sê hulle is opgewonde om met die DBV saam te werk.

“Die oorname beteken dat daar ‘n struktuur by die skut gaan wees. Dit beteken ook dat daar amptelike inspekteur­s gaan wees wat ordonnansi­es kan afdwing en boetes uitskryf. Ons is ook van plan om as DBV-vrywillige­rs te werk. Dit beteken egter nie dat ons liefdadigh­eidswerk gaan ophou nie. Die DBV gaan die ondersteun­ing van die gemeenskap net so nodig hê soos wat ons dit gehad het. Daar sal steeds fondse ingesamel moet word, want net soos ons, maak die DBV nie wins ons. Ons wil dus graag hê dat die gemeenskap steeds hul ondersteun­ing moet gee want dit gaan nogsteeds oor die diere,” het sy gesê.

Volgens haar het hulle in die afgelope twee jaar geweldige moeite by die skut gedoen en hulle hoop dat van die strukture wat hulle daar aangebring het so sal kan bly.

“Ons het hardloopga­nge vir die honde gemaak sodat hulle nie heeldag in die hok hoef te sit nie. Ons vrywillige­rs werk letterlik elke dag met die diere sodat die diere wat sku en bang is aan mense gewoond kan maak en dan ‘n beter kans het om aangeneem te word.

“Dit is sulke tipe goed wat ons as vrywillige­rs hoop om mee voort te gaan as die DBV kom oorneem.”

Vanessa Engelbrech­t, voorsitter van ACT, sê dat hulle ewe positief is oor die oorname.

“Met hulle kundigheid en strukture sal die bestuur by die skut net kan verbeter,” het sy gesê.

Wat ACT se werk in die gemeenskap aanbetref, het sy gesê hulle sal met die DBV vergader om te verseker hul werk stem met die strukture van die DBV ooreen.

“Ons sal steeds voortgaan met die mobiele kliniek en die steriliser­ing. Ons gaan steeds ons rondtes in die gemeenskap doen en ons bes probeer om mense te help soos ons voorheen het, ons wil net seker maak ons doen dit volgens die DBV se strukture,” het sy gesê.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Die diereskut wat die afgelope vier jaar onder moeilike omstandigh­ede deur vrywillige­rs oopgehou is word vanaf Oktober deur die Tuinroete DBV oorgeneem.
Foto: Liezl van Niekerk Die diereskut wat die afgelope vier jaar onder moeilike omstandigh­ede deur vrywillige­rs oopgehou is word vanaf Oktober deur die Tuinroete DBV oorgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa