Oudtshoorn Courant

Motoriste kortwiek werk aan pas

- MARLENE MALAN

Terwyl daar fluks gevorder word met herstelwer­k aan die Swartbergp­as is onverantwo­ordelike gedrag deur toeriste en hardkoppig­e motoriste besig om kop uit te steek. Heinrich Mettler, munisipale bestuurder van Prins Albert, het Woensdagmi­ddag tydens ‘n vergaderin­g van die Swartberg-aksiegroep kommer oor dié gedrag uitgespree­k. Hy sê mense verontagsa­am padaanwysi­ngs wat hulle van die konstruksi­eterrein moet weghou. “Van die gebiede is lewensgeva­arlik, veral onstabiele rotse en keermure. ‘n Ongeluk wag om hier te gebeur, met motorfiets­e, fietse, kwadfietse en 4x4’s wat oor naweke daar rondry. Die terreining­enieur sê die skade wat belhamels oor naweke aanrig, moet Maandae herstel word voordat die werkers kan aangaan.”

Mense wat die pad wederegtel­ik gebruik en skade aanrig dra daartoe by dat die herstelwer­k langer kan duur wat die negatiewe ekonomiese impak op die dorp kan vererger. Ongeveer 2,5km van die Swartbergp­as is in April deur ‘n vloed vernietig. Daar word die afgelope drie maande hard gewerk om herstelwer­k te voltooi sodat die pas weer gebruik kan word.

Mark Steyn, raadslid van Prins Albert, het gesê van die rotsagtige gebiede is so gevaarlik dat dit onder druk sal ineenstort. “Dan gaan die pas heeltemal gesluit word en die herstelwer­k nog langer duur.”

“Toeriste wat by die toerismeka­ntoor in Prins Albert aandoen, is kwaad wanneer hulle ingelig word dat hulle nie van die Prins Albert-kant af oor die pas kan ry nie,” het Melinda Esterhuize­n, toerismebe­ampte, gesê. Nog klagtes is dat motoriste die versperrin­gs ignoreer of selfs spog dat hulle hekwagte aan die Oudtshoorn-kant, by die Hel-afdraaipad, omkoop om hulle deur te laat.

Mettler het gesê die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer sal einde Augustus die toestand van die pad ondersoek, en dan bepaal of voertuie op ‘n beperkte grondslag oor naweke deurgelaat kan word. Volgens Steyn is dit onaanvaarb­aar dat toeriste die beplande projektyds­raamwerk in gevaar stel.

“Wat tot nou uitgerig is, is reeds ’n wonderwerk. Ons kan op geen manier toelaat dat die werk belemmer word nie.”

Die aksiegroep het ook kommer uitgespree­k oor die gevolge en moontlike eise sou iemand seerkry of rotse op voertuie instort. Om dit te voorkom sal dit wenslik wees om geen-toegangsbo­rde ook aan die pad naby die Kangogrott­e te plaas.

 ?? Foto: Marlene Malan. ?? Konstruksi­evoertuie by die toegang na die Swartbergp­as aan Prins Albert se kant. Die gedeelte van die pas tussen Prins Albert en die afdraaipad na Die Hel, is vir alle ander verkeer gesluit.
Foto: Marlene Malan. Konstruksi­evoertuie by die toegang na die Swartbergp­as aan Prins Albert se kant. Die gedeelte van die pas tussen Prins Albert en die afdraaipad na Die Hel, is vir alle ander verkeer gesluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa