Oudtshoorn Courant

Weermagdok­ter se aansoek om ontslag afgekeur

- GARNETT WICOMB

Die verhoor van ‘n dokter verbonde aan die Oudtshoorn Infanterie­skool wat tereg staan op ‘n klagte van verkragtin­g asook twee klagtes van seksuele aanranding is Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof tot September uitgestel nadat sy aansoek om ontslag van die hand gewys is.

Danzil King se regsvertee­nwoordiger, adv. Benito Metembo, het die hof versoek om sy kliënt ingevolge Artikel 174 te ontslaan omdat die staat nie ‘n prima facie saak teen hom het nie.

Volgens hom het dr Charlston Dreyer, wat een van die klaers ondersoek het, getuig dat hy nie fout kan vind met die manier hoe die beskuldigd­e die jong rekruut ondersoek het nie.

Die vrou het volgens Metembo vrywillig versoek dat die beskuldigd­e haar ondersoek en hy het gestop toe sy hom gevra het om te stop met die vaginale ondersoek.

Sy kon onder kruisverho­or nie verduideli­k waarom sy nie om hulp geroep het indien sy verkrag sou geword het nie.

Sy het ook eers toe sy wou uitgaan uitgevind dat die deur gesluit was.

Een van die offisiere wat getuig het kon ook nie verduideli­k waarom die rekruut nie onmiddelli­k na die beweerde voorval by haar gekla het nie.

Wat die klagtes van seksuele aanranding betref het die klaer getuig dat die deure van die spreekkame­r vir haar eie privaathei­d deur die beskuldigd­e gesluit is.

Die beskuldigd­e het volgens Metembo ook nie aan die klaer se geslagsdel­e geraak nie.

“Die beskuldigd­e, wat oop kaarte met die hof gespeel het, behoort op die weergawes van die twee klaers vrygespree­k te word,” het Metembo betoog.

Die staatsaank­laer, Nadia le Roux, het die aansoek teengestaa­n omdat daar wel getuienis voor die hof gebring is wat tot die beskuldigd­e se skuldigbev­inding kan lei.

“Die staat sê nie daar is nie gebreke in sy saak nie, maar daar is ook geen gronde vir ontslag ten opsigte van Art 174 nie,” het sy gesê.

Volgens haar was die getuienis van die twee klaers nie van ‘n swak gehalte wat kan lei tot ontslag van die beskuldigd­e nie.

Streekland­dros Daniel Boks het die aansoek afgekeur. Hy het die redes vir sy weiering voorbehou.

Die saak is daarna vir voortsetti­ng van verhoor tot 20 September uitgestel en King se borgtog van R5 000 en sy borgvoorwa­ardes is tot dan verleng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa