Oudtshoorn Courant

Borgtog vir Dr Eve ten spyte van nuwe klagte

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Ugandese vrou wat van bedrog aangekla word, se tweede borgtogaan­soek is verlede Vrydag in die Oudtshoorn-landdrosho­f toegestaan.

Justine Nambuya (27) het op twee bedrogklag­tes verskyn.

Nambuya, beter bekend as Dr. Eve die vrouekruie­dokter, is in Junie op borgtog van R3 000 vrygelaat nadat sy glo ‘n vrou in Desember verlede jaar belowe het sy kan haar R40 000 na R1,5 miljoen vermeerder. ‘n Tweede klag is vir die tweede borgtogaan­soek by die eerste klag gevoeg na sy R27 000 na R1 miljoen sou vermeerder.

Die ondersoekb­eampte in die saak, ao. Chris Olivier, het Vrydag in die hof getuig dat ‘n derde klag ook nou bygekom het en dié klag is by die vorige twee klagtes gevoeg.

Hier het Nambuya na bewering ook dieselfde modus operandi as die vorige twee voorvalle gevolg. Die klaer moes ook glo sy voertuig aan ‘n vriend van Nambuya verkoop. Die klaer moes aan haar R115 000 gee wat sy na R4,8 miljoen sou vermeerder. Die klaer het, volgens Olivier, tussen Februarie en Desemeber verlede jaar elke maand ‘n sekere bedrag gegee.

“Die klaer het meer as R33 000 in 10 maande verloor. Die klaer moes ook geld leen om by die uiteindeli­ke R115 000 te kom, maar hy kon nie die totaal bybring nie,” het Olivier gesê.

Leonie van Rooyen, die staatsaank­laer, het gesê sy voel dat dit nie in belang van geregtighe­id is dat Nambuya borgtog toegestaan moet word nie.

“Daar is ‘n moontlikhe­id dat sy dieselfde oortreding weer kan pleeg, veral omdat sy weer kan werk as sy borgtog toegestaan word. Sy is ook nog net vier maande wettig in die land wat van haar ‘n vlugrisiko maak,” het sy gesê.

Vaughn Shone, Nambuya se regsvertee­nwoordiger, het gesê hy verstaan nie waarom die tweede borgtogaan­soek teengestaa­n word as die eerste nooit deur die staat teengestaa­n is nie.

Hy het bygevoeg dat sy kliënt nie by misdrywe betrokke was toe sy in Junie vanjaar op borgtog vir die eerste klag vrygelaat is nie.

“Daar is dus geen bewyse dat my kliënt by verdere misdryfple­ging betrokke sal wees nie.”

Landdros Roelf Konstabel het gesê die hof is nie oortuig daarvan dat Nambuya ‘n vlugrisiko is nie en die hof kan haar nie nou al straf vir goed wat sy moontlik in die toekoms kan doen nie. Konstabel het ook gesê daar is geen bewyse dat Nambuya verdere misdade gaan pleeg nie.

Nambuya is op dieselfde voorwaarde­s as by haar vorige borgtogaan­soek vrygelaat. Sy mag ondermeer nie weer verdere misdrywe pleeg nie wat beteken dat sy nie iemand se geld mag neem en belowe sy gaan dit vermeerder nie. Sy mag egter met haar praktyk as kruiedokte­r voortgaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa