Oudtshoorn Courant

Burgemeest­er positief oor herstelstr­ategie

- HANNES VISSER

Die Eskom-skuld van R54 miljoen waar deur die Oudtshoorn munisipale raad in die gesig gestaar was is verminder tot R8,3 miljoen.

Dit is volgens die burgemeest­er, Colan Sylvester, een van die bewyse dat die nuwe raad se omkeerstra­tegie van die afgelope tien maande suksesvol is. Volgens ‘n mediaverkl­aring wat hierdie week deur die munisipali­teit uitgereik is, is verskeie suksesse reeds behaal. Behalwe vir die verminderi­ng van die Eskom-rekening het die nuwe raad ook daarin geslaag om uitstaande skuld aan krediteure van R110 miljoen te verminder na R28,5 miljoen.

Sylvester het gesê dat verskeie strategieë en streng maatreëls die afgelope tien maande toegepas is om Oudtshoorn se finansiële penarie wat die raad geërf het om te swaai. Hy het ook daarop klem gelê dat gereelde raadsverga­derings ‘n integrale deel van die omkeerstra­tegie is.

“Een van die redes waarom Oudtshoorn in 2015 onder administra­sie geplaas is, was die vorige raad se onvermoë om gereelde raadsverga­derings te hou. Vandag is die munisipali­teit trots om aan te kondig dat daar reeds 17 raadsvergd­erings tussen Augustus 2016 en Junie 2017 gehou is. Vier van die vergaderin­gs was gewone raadsverga­derings.”

‘n Verdere treë vorentoe is dat al die top bestuurspo­ste in die munisipali­teit vir die eerste keer in meer as vyf jaar deur permanente aanstellin­gs gevul is. Die poste ter sprake is dié van die munisipale bestuurder en verskeie direkteurs waarin amptenare tydens die vorige raad se termyn waargeneem het. Alhoewel groot vordering reeds gemaak is, sê Sylvester daar lê steeds ‘n reusetaak voor voordat die munisipali­teit as finansieel gesond verklaar kan word.

Die volledige mediaverkl­aring in Engels, is beskikbaar op die Oudtshoorn Courant se webtuiste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa