Oudtshoorn Courant

Real Life Commit ontvang skenking

- LIEZL VAN NIEKERK

Real Life Commit, ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e wat hom daarop toespits om persone met gestremdhe­de te help om hulself te bemagtig en werk te kry, het Woensdag kantoortoe­rusting as skenking by die parlements­lid, Dennis Joseph gekry.

Hy het die toerusting, wat ondermeer skryfbehoe­ftes, tafels en stoele insluit, namens die parlement oorhandig.

Susanna Spires, die stigter van Real Life Commit, sê hulle doel is om persone met gestremdhe­de te help met kursusse sodat hulle kan gaan werk.

“Klein Karoo sport vir persone met gestremdhe­de val ook onder ons. Mense sonder gestremdhe­de vergeet so maklik dat persone met gestremdhe­de ook kan werk en basies presies dieselfde werk kan doen as mense wat nie gestremdhe­de het nie. Van ons kursusgang­ers het al werk by die Oudtshoorn-hospitaal, ambulansdi­enste en die munisipali­teit gekry. Hulle moet net die regte geleenthed­e kry. ‘n Fisiese gestremdhe­id hoef nie as ‘n agterstand gesien te word nie,” het sy gesê.

Joseph het op sy beurt gesê die kantoortoe­rusting wat aan Real Life Commit geskenk is, is net ‘n druppel in die emmer, maar hy hoop hulle groei van krag tot krag.

“Ons moet meer geleenthed­e en ondersteun­ing gee aan veral organisasi­es wat persone met gestremdhe­de wil help,” het hy gesê.

Die geleenthei­d is ondermeer deur Youth Academy, die Oudtshoorn-munisipali­teit en Suff Academy ondersteun.

 ??  ?? Links is Susanna Spires en Dennis Joseph saam met persone wat die geleenthei­d bygewoon het. Voor is van die kantoortoe­rusting wat geskenk is.
Links is Susanna Spires en Dennis Joseph saam met persone wat die geleenthei­d bygewoon het. Voor is van die kantoortoe­rusting wat geskenk is.
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Dennis Joseph (LP) en Susanna Spires (stigter van Real Life Commit).
Foto’s: Liezl van Niekerk Dennis Joseph (LP) en Susanna Spires (stigter van Real Life Commit).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa