Oudtshoorn Courant

Twee vas vir onwettige drank en dwelms

-

Twee vermeende drank- en dwelmsmokk­elaars van Zoar het hulle verlede week teen die gereg vasgeloop

Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerd­er van die Ladismith-polisie, is ‘n operasie verlede week deur die Ladismith-polisie, die Attakwahon­de-eenheid en lede van die openbare orde polisie gehou.

“Hulle het hulle daarop toegespits om die bedrywighe­de van smokkelaar­s te ontwrig. Die operasie was tussen 10:00 en 14:00 gehou. Die lede het verskeie huise in Ladismith ook deursoek, maar die verdagtes is in Zoar in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Volgens Cederas is ‘n 57-jarige man in 5de Laan vir handeldryf in drank sonder ‘n lisensie in hegtenis geneem en die polisie het op 189,5 liter drank beslag gelê. “Kort daarna is ‘n 45-jarige man in Droëvlei, Zoar, gearrestee­r vir besit van dagga, tik en mandrax. Daar is op 624 gram dagga, 6 gram tik, 5 tik strootjies en 8 mandrax tablette beslag gelê.”

Beide mans het verlede Vrydag in die Ladismith-landdrosho­f verskyn.

“Die hoof van sigbare polisierin­g, kaptein Henry Edwardes, het die lede geprys vir hul opoffering en toewyding. Hy het ook sy dank uitgespree­k teenoor die openbare orde polisierin­g en Attakwahon­de-eenheid omdat hulle altyd Ladismith ondersteun.” het Cederas gesê.

 ?? Foto’s verskaf ?? Die dwelms waarop daar in Zoar beslag gelê is.
Foto’s verskaf Die dwelms waarop daar in Zoar beslag gelê is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa