Oudtshoorn Courant

Prins Albert eersdaags op grootskerm

- MARLENE MALAN

Helene Smit van Prins Albert se dokumentêr­e film, Eerstewate­r, is ’n verhaal van oorlewing. Dis ’n storie oor hoe die mens sy onderbewus­syn inspan om die uitdagings van die lewe te hanteer en hoe ons put uit daardie komplekse, maar ook onuitputli­ke bron van potensiaal.

Dié film wat vernoem is na die eerste waterbron aan die noordekant van die Swartbergp­as word aan die einde van Julie vrygestel.

Eerstewate­r is gegrond op Smit se boek Beneath – exploring the unconsciou­s in individual­s wat sy saam met Pluto Panoussis geskryf en in 2011 verskyn het. Panoussis is ’n direkteur van die Open Window-filmskool in Centurion. Smit is ook ’n bestuursko­nsultant en lektor in sielkundig­e geletterdh­eid.

Waar Beneath die teorie is van die sielkunde van die onderbewus­syn en die invloed daarvan op ’n mens se gedrag, bied Eerstewate­r insig in die mens se stryd om sielkundig en prakties te oorleef. Deur die verhale van doodgewone mense, in Prins Albert delf die filmmakers diep in die psige van die “akteurs” wat almal inwoners van die dorp is en, volgens Smit, randfigure is.

Daar is Pat Marincowit­z, eens een van die dorp se voorste boere wat nou deur doofheid van die wêreld afgesny voel; Piet Cordier, of Blinde Piet, kafee-eienaar, klavierste­mmer en musikant; asook Maggie Hendricks, al by die honderd jaar oud; Neels van der Nest, die Unity Male Voices en Henry Prins en Wilfred Maarman. En ook Joseph Steyn, ’n boer van die omgewing wat die natuur en die grond soos die palm van sy hand ken. Dis veral deur Steyn, met sy perspektie­f op die omgewing, dat die natuur ’n metafoor word vir menslike gedrag: Water, grond, klippe, berge, plante en diere word deur sy vertelling­s ingespan om die diepste werkinge van die menslike psige te illustreer.

In hierdie tyd van droogte, waar water die bron van lewe is wat aanhou wegbly, is dit simbolies van die droogte wat soms in ’n mens se psige ontstaan, sê Smit.

“Die mens het behoeftes wat vervul moet word om te kan oorleef. Die menslike oorlewings­telsel is geprogramm­eer om te reageer op ’n potensiële bedreiging deur ’n waarskuwin­gsimpuls. Die onderbewus­syn ontwikkel regstreeks as gevolg van die kompleksit­eite van selfbestuu­r in hierdie wêreld. Ten einde die vele magte om ons te kan hanteer, verdeel ons onderbewus­syn in komparteme­nte, maar ons behou nie altyd bewustelik kontak met al hierdie komparteme­nte nie. Tog beïnvloed daardie dele waarvan ons onbewus is ons gedrag – gedrag wat ons nie altyd kan verduideli­k nie.”

Prins Albert was ’n gepaste plek om die film te skiet, volgens Smit. “Die dorp is ’n klein wêreldjie wat ’n bloudruk is van die groter wêreld, ’n mikrokosmo­s binne die makrokosmo­s, ’n herkenbare omgewing waarbinne die oorlewings­maatreëls van miljoene ander mense vasgevang kan word.”

Volgens Trevor Steele Taylor, kurator van die Grahamstad­se filmfees, is Eerstewate­r “een van die groot SuidAfrika­anse flieks wat die afgelope paar jaar gemaak is. Dis uitstekend. Die kamerawerk, redigeerwe­rk en onderhoude is manjifiek.”

Eerstewate­r open einde vandeesmaa­nd in Kaapstad, Johannesbu­rg en Pretoria as kunsdokume­ntêr in uitgesoekt­e teaters. Dis ook ingeskryf vir die Amsterdams­e filmfees.

 ??  ?? Minister Bredell ontvang ‘n griefskrif van ‘n lid van die gemeenskap tydens die optog in 2012.
Minister Bredell ontvang ‘n griefskrif van ‘n lid van die gemeenskap tydens die optog in 2012.
 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Minister Anton Bredell (regs) tydens ‘n besoek aan Kannaland in April 2012 toe inwoners tydens ‘n optog ‘n griefskrif aan hom oorhandig het om te vra vir dringende ingryping. Langs hom staan Morné Hoogbaard (vorige munisipale bestuurder van Kannaland)...
Foto’s: Hannes Visser Minister Anton Bredell (regs) tydens ‘n besoek aan Kannaland in April 2012 toe inwoners tydens ‘n optog ‘n griefskrif aan hom oorhandig het om te vra vir dringende ingryping. Langs hom staan Morné Hoogbaard (vorige munisipale bestuurder van Kannaland)...
 ?? Foto: Marlene Malan ?? Helene Smit saam met Wilfred Maarman en Henry Prins by die voorskou van Eerstewate­r op Prins Albert.
Foto: Marlene Malan Helene Smit saam met Wilfred Maarman en Henry Prins by die voorskou van Eerstewate­r op Prins Albert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa