Oudtshoorn Courant

Kannaland kry verslag oor forensiese ondersoek

- HANNES VISSER

‘n Vorderings­verslag ten opsigte van ‘n forensiese ondersoek wat in Kannaland aan die gang is, is Vrydag 7 Julie aan die raad voorgelê. Die forensiese ondersoek volg op beweringe van bedrog, korrupsie en finansiële wanbestuur in die Kannaland-munisipali­teit tussen 2011 en 2016.

Volgens ‘n mediaverkl­aring van Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeln­gsbeplanni­ng, het die aanvanklik­e ondersoek ongerymdhe­de gevind met ten minste vyf diensversk­affers wat tussen 2011 en 2016 deur die Kannalands­e munisipali­teit aangestel is.

Volgens Bredell het die ondersoek bevind die meerderhei­d van hierdie aanstellin­gs is onregmatig gedoen sonder om volgens voorgeskre­we riglyne te werk te gaan. Dit het ook aan die lig gekom dat die dienste wat deur die diensversk­affers gelewer was nie waarde vir geld was nie. “Die slotsom van die ondersoek was dat die onregmatig­e aanstellin­gs en betalings vir dienste op ‘n moontlike onregmatig­e uitgawe van R14 741 584 uitgeloop het,” het hy gesê.

Volgens die mediaverkl­aring sê Graham Paulse, hoof van die departemen­t van plaaslike regering in die Wes-Kaap, dat daar verskeie oortreding­s van munisipale wetgewing deur vier munisipale amptenare voorgekom het. Van hulle is steeds in diens van die munisipali­teit.

Daar word aanbeveel dat dissiplinê­re stappe teen amptenare wat steeds in diens is, geneem moet word en dat moontlike kriminele klagtes ook by die polisie gelê moet word.

Kannaland was tot met die plaaslike verkiesing in 2016 deur ICOSA bestuur. Na die verkiesing verlede jaar word die munisipali­teit deur ‘n nieampteli­ke samewerkin­g tussen die DA en ANC bestuur.

Volgens Bradley Benades, woordvoerd­er van ICOSA, het raadslede geen insae in die vorderings­verslag gehad nie. “Die burgemeest­er het ‘n paar sinne op ‘n bladsy in die raadsverga­dering gelees, maar ons het dit nooit onder oë gehad nie,” het hy telefonies gesê.

In antwoord op ‘n navraag aan Bredell oor hierdie stelling het sy kantoor gesê: “Wat op 7 Julie aan die Kannaland munisipale raad voorgelê is, is ‘n hoëvlak terugvoeri­ng van die vordering wat tot op datum gemaak is met die forensiese ondersoek wat deur die provinsie se forensiese eenheid op versoek van die huidige burgemeest­erskomitee van Kannaland onderneem is.”

Volgens hom was die inhoud van die vorderingv­erslag dieselfde as die mediaverkl­aring wat uitgereik is. Hy voeg by dat die ondersoek in Kannaland tans voortgaan aangesien dissiplinê­re en kriminele klagtes nog gelê moet word.

Volgens Bredell het die ondersoek bevind die meerderhei­d van hierdie aanstellin­gs is

onregmatig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa