Oudtshoorn Courant

Wat eet jou kind?

-

Op ’n Amerikaans­e TV-program is daar aan kinders foto’s gewys van baie bekende figure. Die kinders moes dié persone identifise­er. Die kinders het oor die algemeen glad nie geweet wie hulle oud-presidente soos George Washington of Ronald Reagan is nie. Die alombekend­e gesig van Jesus was aan hulle totaal onbekend, terwyl sommige Hom selfs met hul destydse president George W Bush verwar het. Maar toe die gesigte van Ronald MacDonald van MacDonalds-burgerfaam aan hulle gewys is, het almal presies geweet wie dit is!

Raai waarmee word Amerikaans­e kinders gevoed? Beslis nie met geskiedeni­s nie. Beslis ook nie met verhale uit die Kinderbybe­l nie.

Die vraag is: Waarmee word ons kinders gevoed? Voed ons ons kinders met dinge wat waarde het? Voed ons hulle met dinge wat hulle gees, hulle karakter en hulle waardesist­eem vorm?

Voed ons hulle met dinge wat van hulle gesonde, gebalansee­rde, verantwoor­delike en volwasse mense sal maak?

Ons bederf ons kinders en voer hulle vet met vermaak en gemak en niksdoen. Ons bring hulle van buite af in sodat hulle voete net nie ons skoon huise vuil trap nie, en oorhandig hulle dan aan die beste kinderoppa­sser, die TV, sodat hulle net kan stil wees. Ons is maar te bly en dink hulle is al te oulik en soet as hulle vasgegom voor die rekenaar sit.

Ons dogtertjie­s speel nie meer mevrou-mevrou met poppe en waentjies en klein teekoppies nie. Ons seuntjies ploeg nie meer in die grond of maak kleilatte en ketties nie. Die beste elektronie­se speelgoed, gewoonlik met ’n skerm en vermaak, laat hulle vingertjie­s krom oor die knoppies gly en laat hulle soos dowe zombies, afgesluit van die wêreld, voor hulle uitstaar.

Ons beskou ’n boek as ’n oninteress­ante geskenk vir kinders. Ons speel nie goeie musiek in ons huise nie. Ons sit nie meer en kuier en gesels vir ure rondom die etenstafel nie.

En as die son sak en dis bedtoegaan-tyd, raak kleinsus met ’n halwe MacDonalds-burger op die TV-bank aan die slaap, terwyl die nuus, ’n riller, ’n geweldston­eel of ’n bedtoneel voor haar afspeel.

Ons voed ons kinders nie meer met gewone kinderstor­ies, sodat hulle verbeeldin­gsvlerke hulle deur die nag kan laat sweef nie. Ons voed hulle ook nie met stories uit die Bybel nie.

Ons sorg dat ons kinders vol kom en voer hulle vet, maar met gemorskos.

 ??  ?? Oudtshoorn se speaker, Julia le Roux, by die sokkerspan van Lategansvl­ei.
Oudtshoorn se speaker, Julia le Roux, by die sokkerspan van Lategansvl­ei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa