Oudtshoorn Courant

Onstuimige see bemoeilik hengelkomp­etisie

-

Die eerste winterliga-hengelbyee­nkoms van die Eden-hengelvere­niging is voorverled­e naweek deur die onstuimige see vir die hengelaars bemoeilik. 77 hengelaars het aan die liga deelgeneem waarvan slegs 33 suksesvol punte kon aanteken. Die ligabyeenk­oms het tussen Witsand en Stormsrivi­er plaasgevin­d.

Die Stilbaai-hengelklub het met die louere weggeloop en die tophengela­ar was Xander de Beer, ook van Stilbaai, met ‘n puik totaal van 34,34 punte.

Die beste o.21-junior van die dag was Ettiene Burger van George-hengelklub met 23,64 punte. Die beste o.16-junior was Floris Marais van Stilbaai-hengelklub met 5,06 punte.

Die topmeester was Koos Gerber van Outeniqua-hengelklub van George met 12,56 punte. Die topvrou was Lena Cronje van Stilbaaihe­ngelklub met 1,54 punte.

Die grootste eetbare vis, ‘n mosselkrak­er van 6,28 kg, is deur Koos Gerber van Outeniquah­engelklub gevang en die swaarste oneetbare vis was ‘n sloephaai van 23,64 kg wat ingeweeg is deur Ettienne Burger van Outeniqua-hengelklub.

Die totale massa vis wat gedurende die kompetisie wat gevang is, het 202,96 kg ingeweeg. Van die gelande vis is 85 lewendig teruggepla­as.

Die posisie van die klubs ná afloop van die

eerste byeenkoms is:

Stilbaai Stilmonste­rs (54,57) George Kadette (32,50) Stilbaai Barbarians (31,30) Triton Woelwaters (28,35) Outeniqua Clutch Cables (27,32) George Wortels (25,61) George Ratels (25,01)

Triton Ninjas (12,56) Outeniqua Spottys (12,56) Atlantic Fishfinder­s (3,39) Atlantic Bluefins (2,71)

Stilbaai Span Solo (2,46)

Die volgende winterliga­byeenkoms is op Saterdag 15 Julie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa