Oudtshoorn Courant

Eden-fietsryers tops op sportfees

- HANNES VISSER

Fietsryers van Eden het daarvoor gesorg dat Eden as die beste distrik tydens die afgelope sportfees aangewys is. Meer as 300 fietsryers van vier Wes-Kaap distrikte en twee provinsies het aan die sportfees deelgeneem. Na afloop van die sportfees is die punte wat fietsryers verdien het bymekaarge­tel en daarvolgen­s is die wendistrik aangewys.

Eden se fietsryers het met 567 punte gesorg dat dié streek die onbetwisde wenner was. Kaap-metropool was tweede met 406 punte. Derde, vierde, vyfde en sesde plekke was as volg: Kaapse wynlande (274), Weskus (125), Oos-Kaap (86) en Vrystaat (74).

Uit die tien kategorieë is vyf van Eden se fietsryers aangewys as die beste algehele ryers. Hulle is: Charlissa Schultz (o.17 meisies), Zack Aaron (o.15 seuns), Suveena Arries (o.15 meisies), Mia Aaron (o.13 meisies) en Stephanie Coetzee (o.11 meisies).

Die Eden-ryers wat plekke onder die eerste drie in die onderskeie katergorie­ë beklee het volg hieronder:

Kriterium-padrenne

Die kriterium padrenne is in Bridgton gehou op ‘n sirkelroet­e van 2,7 km.

Edward Dalton van Oudtshoorn (3e o.11 seuns), Stephanie Coetzee van Plettenber­gbaai (3e o.11 meisies), Mia Aaron van Knysna (1e o.13 meisies), Anya du Plessis van Wildernis (3e o.13 meisies), Zack Aaron van Knysna (1e o.15 seuns) en Breyton Hendricks van Oudtshoorn (3e o.15 seuns).

Padfietswe­dren

Die padfietswe­drenne is in die Volmoedomg­ewing oor afstande vanaf 24km tot 107 km, afhangende van ouderdomsg­roepe, beslis.

Stephanie Coetzee (3e o.11 meisies), Mia Aaron (2e o.13 meisies), Anya du Plessis (3e o.13 meisies) en Charlizza Schultz (1e o.17 meisies).

Bergfiets individuel­e-tydtoets

Die tydtoet is op ‘n bergfietsb­aan van 2km beslis.

Edward Dalton (1e o.11 seuns), Kean Dalton van Oudtshoorn (3e o.11 seuns), Stephanie Coetzee (2e o.13 meisies), Dean Barnard van Oudtshoorn (3e o.13 seuns), Mia Aaron (1e o.13 meisies), Anya du Plessis (2e o.13 meisies), Beyante Goliath van Oudtshoorn (3e o.13 meisies), Zack Aaron (1e o.15 seuns), Breyton Hendricks (3e o.15 seuns), Suveena Arries van Oudtshoorn (1e o.11 meisies), Andrea Brandt van Oudtshoorn (2e o.15 meisies), Hano du Plessis van Wildernis (2e o.17 seuns) en Charlizza Schultz (1e o.17 meisies).

Uitvalwedr­en

In hierdie uitdagende wedren wat slegs vanaf o.15 vlak aangebied word, word soveel rondtes van 500m afgelê as wat daar ryers is. Met elke rondte val die laaste ryer uit totdat net een oorbly. Ryers het op die ovaalbaan met bergfietse deelgeneem.

Zack Aaron (1e o15 seuns), Breyton Hendricks (2e o.15 seuns), Suveena Arries (1e o.15 meisies), Andrea Brandt (2e o.15 meisies) en Charlizza Schultz (1e o.17 meisies).

Ovaalbaan: kort- en lang bondelwedr­enne

(Scratch race)

Stephanie Coetzee (2e o.11 meisies), Edward Dalton (2e o.11 seuns), Heini Burger van Oudtshoorn (3e o.11 seuns), Mia Aaron (1e o.13 meisies), Anya du Plessis (2e o.13 meisies), Beyante Goliath (3e o.13 meisies), Suveena Arries (1e o.15 meisies), Andrea Brandt (2e o.15 meisies), Zack Aaron (1e o.15 seuns), Breyton Hendricks (2e o.15 seuns), Charlizza Schultz (1e o.17 meisies) en Hano du Plessis (1e o.17 seuns).

 ??  ?? Tydens die sportfees is daar in drie items in verskillen­de ouderdomme op die ovaalbaan meegeding.
Tydens die sportfees is daar in drie items in verskillen­de ouderdomme op die ovaalbaan meegeding.
 ?? Foto’s verskaf ?? ‘n Groep fietsryers maak gereed om weg te spring tydens ‘n wedren op die ovaalbaan.
Foto’s verskaf ‘n Groep fietsryers maak gereed om weg te spring tydens ‘n wedren op die ovaalbaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa