Oudtshoorn Courant

Danser presteer in Los Angeles

-

‘n Talentvoll­e 14-jarige danseres van Volmoed, Hybre-Ann Hefke, het verlede week ‘n reuseprest­asie behaal deur ‘n goue medalje te verower in die wêreldkamp­ioenskappe vir uitvoerend­e kunste (WCOPA) in Los Angeles, Amerika.

Hybre-Ann, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Oudtshoorn, is drie weke gelede as deel van die SA-span na Los Angeles om Suid-Afrika op die wêreldverh­oog in drie dansitems te verteenwoo­rdig. Sy het ‘n goue medalje in die etniese dansafdeli­ng (solo), silwer in die groepsdans en brons in die Hip-Hop (solo) verower.

Hybre het twee jaar gelede by die Dynamite Dance Studio in Oudtshoorn aangesluit. Onder die leiding van haar dansafrigt­er, Nadia du Preez, het sy verlede jaar tydens die SAkampioen­skappe in Rustenburg gekwalifis­eer vir die wêreldkamp­ioenskappe.

Sy het die afgelope ses maande hard gewerk en met hope toewyding haarself voorberei om haar doel te bereik. Sy het, ten spyte van terugslae soos die verlies van haar oupa, die onlangse diagnose van ‘n ernstige oogsiekte (keratokonu­s), asook ‘n druk akademiese program haar fokus behou.

Haar deursettin­gsvermoë en die lojale ondersteun­ing van haar familie, kerk (St. Jude Anglikaans) en goeie vriende soos Marelize Grunglingh en Lisa-Mari Stander het haar deurgedra.

In die laaste drie maande het sy, in die voorbereid­ing vir haar etniese dansuitvoe­ring waarin sy uiteindeli­k haar goue medalje gewen het, ook waardevoll­e leiding en insette van Shapiro Michaels, dansinstru­kteur van Bridgton, gekry.

Die etniese drag waarin sy op die verhoog haar wenner-danspassie­s uitgevoer het, was ontwerp deur Christiaan, ontwerper van Coco Boutique in Oudtshoorn.

 ?? Foto verskaf ?? Hybre-Ann Hefke.
Foto verskaf Hybre-Ann Hefke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa