Oudtshoorn Courant

Grootkraal Primêrsaak uitgestel

- TISHA STEYN & HANNES VISSER

Die voortslepe­nde kwessie van ‘n landelike skool naby die Kango-grotte wat ‘n uitsetting­sbevel in die gesig staar is Dinsdag in die hooggeregs­hof in Kaapstad aangehoor. Ouers, leerders en personeel van Grootkraal UCC Primêr sal op 19 Oktober weet of hulle die huidige perseel moet ontruim en of hulle na die perseel van Voorbedag Primêr sal verskuif en daarmee saamsmelt.

Regter Elizabeth Baartman, wat die twee skole vroeër vanjaar besoek het om haarself te vergewis van die omstandigh­ede, het Dinsdagogg­end 1 Augustus die sage wat sedert 2011 voortsleep tot ‘n spits gedryf en partye tot 19 Oktober geleenthei­d gegun om gehoor te gee aan ‘n hofbesluit van 2011

Baartman het beslis dat die Wes-Kaapse Onderwysde­partement (WKOD) teen 19 Oktober moet aandui watter fasiliteit­e die departemen­t by Voorbedag Primêr gaan skep om leerders van Grootkraal te kan akkommodee­r aangesien die departemen­t reeds in 2011 aangedui het dat hulle die skool gaan verskuif.

Lodewyk de Klerk, woordvoerd­er van die Kobot Familietru­st, eienaars van die grond waarop die skool geleë is het gesê: “Ons is dankbaar dat die saak nou uiteindeli­k finaliseri­ng nader,” gesê nadat Baartman die teenaansoe­k ten opsigte van die verkryging van eiendomsre­g vir die gemeenskap van die hand gewys het.

Die Kobot Familietru­st (KBT) het die plaas in 2009 op ‘n veiling van die Van der Veen-boedel gekoop en dit is in Februarie 2010 in Kobot se naam geregistre­er.

In daardie stadium het die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys die grond van die Van der Veen Trust gehuur, en die huurkontra­k het reeds einde Mei 2010 verstryk. Ten tyde van die aankoop van die plaas, het die departemen­t van landelike ontwikkeli­ng bevestig dat daar geen grondeis teen die grond bestaan nie. “Dit beteken dat die skool toe al geen aanspraak op die grond of die geboue gehad het nie en daarom het ons destyds voortgegaa­n met die koop van die plaas,” sê De Klerk.

Volgens hom het die WKOD glad nie daarin belang gestel om die grond verder te huur of selfs te koop nie. Donald Grant, destydse WesKaapse minister van onderwys, het in April 2011 aangedui dat die departemen­t beoog om die leerders van Grootkraal UCC Primêr na Voorbedag Primêr, 16,3 km vanaf Grootkraal, oor te plaas.

Kobottrust het ook ‘n voorstel gemaak dat die WKOD ‘n gedeelte van die familietru­st se grond onteien waar ‘n behoorlike skool opgerig kan word. “Die WKOD wou nie, want die departemen­t wou uit die staanspoor hê die skool moet na Voorbedag skuif, waar ‘n koshuis klaarblykl­ik gebou sou word.”

Die skool het deur middel van ‘n hofbevel gedurende Julie 2011 uitstel tot einde 2011 gekry vir die sluiting van die skool.

“Die WKOD is destyds deur Regter Henry opdrag gegee om met die gemeenskap en trusteiena­ars te onderhande­l. Daar het niks van gekom nie en die trust genoop om vir ‘n uitsetting­sbevel aansoek te doen,” aldus De Klerk.

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer het hierdie week op die uitspraak van regter Baartman reageer en gesê sy is besorgd oor sommige stellings wat tydens die uitspraak gemaak is. In haar verklaring sê Schäfer van die stellings toon tekens van moedeloosh­eid, van die stellings maak inbreek op die bevoegdhei­d van die departemen­t en sommige stellings blyk ongegrond te wees. Volgens haar is dit nie waar dat die WKOD nie daarin belangeste­l het om die grond verder te huur nie. Sy sê hulle het volgens ‘n hofbevel in 2011 probeer om met KBT te onderhande­l en het aanbieding­e gemaak wat heelwat hoër was as die algmene huur wat deur die departemen­t betaal word. Sy sê dat onderhande­linge nie suksesvol was nie. Sy wys ook daarop dat die WKOD nie voete gesleep het nie, maar moes wag vir die uitkoms van die gemeenskap se aansoek om eiendomsre­g alvorens ‘n finale besluit oor die skool geneem kon word. Daardie aansoek van die gemeenskap is op 1 Augustus van die hand gewys waarna die WKOD nou met die proses kan voortgaan.

 ??  ??
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Grootkraal Primêr naby die Kango-grotte.
Foto: Hannes Visser Grootkraal Primêr naby die Kango-grotte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa