Oudtshoorn Courant

Een sterf in ongeluk op Mosselbaai-pad

- LIEZL VAN NIEKERK

Die familie van Jacobus Oosthuizen (30) is gebroke na sy skielike dood verlede Sondag. Hy was saam met vyf ander persone in ‘n voertuig toe die bestuurder op ‘n draai op die Mosselbaai­pad beheer oor die voertuig verloor het en die voertuig die pad verlaat het.

Die voertuig het gerol en op sy sy in ‘n volstruisk­amp, wat langs die pad is, geland. Die ongeluk het ongeveer 12km buite Oudtshoorn gebeur. Oosthuizen is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Volgens sy suster, Mercia Oosthuizen, was haar seun (21) en vier ander vriende saam met Oosthuizen van Mosselbaai af op pad Oudtshoorn toe. “Ons is nie seker hoe die ongeluk gebeur het nie.

“My seun huil die heeltyd en praat glad nie oor die ongeluk nie. Hy is al ontslaan en het nie baie ernstige beserings nie, maar die bestuurder van die voertuig is in George in die hospitaal en die ander insittende­s is in Oudtshoorn in die hospitaal,” het die steeds onstelde suster vertel.

Volgens haar het Oosthuizen se dood die familie baie swaar getref. “Hy het drie klein kindertjie­s en ‘n meisie waarvoor hy gesorg het en baie lief gehad het. Hy was regtig ‘n omgee mens en het baie vriende gehad. Hy het altyd geluister as iemand met hom sou praat. Sy dood was so skielik. Ons sukkel om dit te verwerk,” het sy gesê. Die begrafnisr­eëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.

Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, word ‘n klag van strafbare manslag ondersoek.

 ??  ?? Die ongeluksto­neel waar een persoon dood is en vyf ander beseer is. INLAS: Jacobus Oosthuizen
Die ongeluksto­neel waar een persoon dood is en vyf ander beseer is. INLAS: Jacobus Oosthuizen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa