Oudtshoorn Courant

Halfmiljoe­n vir boere ingesamel

- TISHA STEYN

Die grootse poging van die Herold-landbouver­eniging om geld in te samel vir boere wat ly onder die voortslepe­nde droogte, het ‘n bedrag van bykans ‘n halfmiljoe­n rand ingesamel. ‘n Dinee is verlede Donderdaga­and by Oppie Plaas Venue in Waboomskra­al aangebied waar 26 tafels teen R10 000 elk binne ‘n paar weke uitverkoop was. Sedert die lot van die boere bekend gemaak is, het die borge en skenkings ingestroom.

Geld wat ingesamel word, sal gebruik word om voer, wat elders in die land geskenk word, na Herold te vervoer. Die landbouver­eniging betaal 60% van die koste, en die individuel­e boere die res van die koste.

Nog voor die dinee Donderdaga­and begin het, het gholfspele­r Louis Oosthuizen, Virbac en RuVasa elk R15 000 of meer geskenk. “Verdere skenkings stroom steeds in,” sê Weeber Truter, wat met die hulp van die vereniging se komitee die nodige reëlings getref het om boere in die bedienings­gebied van Agri Herold Boereveren­iging te help oorleef totdat reën uitkoms bring.

Hierdie reddingspo­ging het begin toe Truter bewus geraak het van duisende bale gras wat op die plaas Wilde Als buite Bloemfonte­in gesny word in voorbereid­ing vir die saamtrek van Angus Buchan vroeër vanjaar. Die plaas behoort aan die voormalige Springbok-rugbyspele­r, Ollie le Roux.

Tot op hede het Le Roux reeds meer as 2 000 bale gras aan Herold-boere geskenk en ander skenkers het intussen ook na vore gekom.

Le Roux was een van die sprekers tydens Donderdaga­and se dinee en het sy geloofsget­uienis gelewer om die boere te bemoedig in hierdie tyd van waternood.

Nog ‘n rugbyspele­r, die 27-jarige CJ Stander, van ‘n plaas buite George, wat tans vir die Britseen Ierse Leeus rugby speel, het in sy boodskap aan veral die jong boere gesê hulle moet op God vertrou.

Die hoofspreke­r van die aand was Omri van Zyl, uitvoerend­e bestuurder van Agri SA, wat ook ‘n boodskap van hoop gebring het. “Julle inspireer my. Julle is nou in die vuur, maar julle moet fokus. Ons gaan saam hier deur kom. Julle is in die regte bedryf: miljarde mense in Afrika moet eet, en Suid-Afrika is die enigste land in Sub-Sahara Afrika wat voedselsek­erheid het.”

Die volgende borge het die aand moontlik gemaak:

Deon en Dean Barnard, eienaars van Oppie Plaas Venue, Klein Karoo Toyota, Agri-SA, Agri Wes-Kaap, Anton le Roux Vervoer, SSK, AgriLand, GWK, BKB, Absa, Wesbank, FNB, Standard Bank, Klein Karoo Saadbemark­ing, Klein Karoo Agri, Group Editors, Sanlam Private Beleggings, De Heus, Mohair, RuVasa, Sonqua Consulting, Wilderness Hotel, Bayer, George Munisipali­teit, InteliGro, PSG Wealth, Fanus Truter en Moore Stephens, RCL Foods, Irrikor, Agrico, Safari, Afrivet, Roelcor, Tyres&Treads, Electrical Pro, Van Rensburg Foods, Van Loveren Vineyards, Cavalli, Sanlam Blue Star Fynbos Wealth, Anna-Marie Colling van Worcester, Willow Creek van die Nuy, Rohann en Marlise Steenekamp, Wouter Lutske Makelaars BK / Discovery, George Muller, Wilgewande­l, Virbec, Moov, Olivier en Vermeulen Begrafnisd­ienste, SABHF Brewery, JD Implemente, Tienie Halgryn, Jannie Meyer, Johan Brooks, Coffee Bean, Eon Coetzee, Kobie Fourie, Lood, SFM, Reinier Zietsman en Jan Erasmus.

Vir meer besonderhe­de oor Help Herold Boere in Nood, besoek die webblad by www.facebook. com/Help Herold Boere In Nood of kontak Patrys Erasmus by 044 888 1624 of perasmus@ tagri.co.za

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Weeber Truter (Herold-landbouver­eniging) Omri van Zyl (uitvoerend­e bestuurder van Agri SA), CJ Stander (wat tans vir die Britse- en Ierse leeus rugby speel), Ollie le Roux (voormalige Springbok) en Christoph Strydom (Herold-landbouver­eniging) tydens...
Foto: Tisha Steyn Weeber Truter (Herold-landbouver­eniging) Omri van Zyl (uitvoerend­e bestuurder van Agri SA), CJ Stander (wat tans vir die Britse- en Ierse leeus rugby speel), Ollie le Roux (voormalige Springbok) en Christoph Strydom (Herold-landbouver­eniging) tydens...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa