Oudtshoorn Courant

Christo Vermaak sportjoern­alis van die jaar

- CHRISTO VERMAAK

Dit is duidelik gemaak aan die die Wes-Kaapse provinsial­e parlementê­re toerisme oorsigkomi­tee dat Oudtshoorn ‘n toerismedo­rp is en afhanklik is van sporttoeri­sme as ekonomiese inspuiting vir die dorp.

Die bestuurder van die Kango-grotte, Allison Moos, het Dinsdag 1 Augustus aan die voorsitter van die komitee, Beatrice Ngobo gesê: “Die hoof attraksie vir toerisme na Oudtshoorn, is die natuurskoo­n met sy unieke fona en flora.” Sy het ook die klem gelê op sportgelee­nthede wat duisende mense na die dorp lok.

Ngobo het met die opening van die vergaderin­g gesê: “Toerisme skep werk. Dit stimuleer die ekonomie. Ons is hier om toerisme vorentoe te vat.”

Die komitee het met raadslede, sakelui, mense in die toerismebe­dryf en ander rolspelers in die raadsaal vergader.

In ‘n drie uur vergaderin­g het Ngobo mense uit alle sektore die geleenthei­d gegee om hul kommer, griewe, asook voorstelle aan haar voor te lê.

Meer as 60 mense het die vergaderin­g bygewoon en toerisme rolspelers van Oudtshoorn, Kannaland, Calitzdorp en Eden was aan die woord.

Ander toerisme lokaas is deur Moos beskryf as die KKNK, die Klein Karoo Klassique en die film industrie in Oudtshoorn. “Oudtshoorn is verlede jaar is 13 films opgeneem en aan die wêreld bemark.”

Moos het aan Ngobo gesê Oudtshoorn se toeriste bestaan uit 47% Suid-Afrikanes en 53% internasio­naal. “Die aantal toeriste word bepaal deur besoekers aan die Kango-grotte.”

James Vos, lid van die komitee, het die toerismebe­dryf gewaarsku om nie net op die Kangogrott­e staat te maak as ‘n toerisme inkomste nie. “Dit moet ‘n hele Oudtshoorn-ondervindi­ng wees vir toeriste. Toeriste moet die informele woonbuurte besoek en die toerismebe­dryf moet daar gestimulee­r word.” Vos het ook gesê dat plaaslike inwoners moet opgelei word as toergidse om sodoende hul eie dorp te bemark.

Eden-distriksmu­nisipalite­it se burgemeest­er, Memory Booysen het aan die komitee gesê dat Eden in die proses van onderhande­lings is om van hul eiendom in Oudtshoorn en omgewing oor te dra aan die plaaslike munisipali­teit, om as toerisme attraksies te ontwikkel.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Die parlementê­re komitee luister na voorleggin­gs.
Foto: Christo Vermaak Die parlementê­re komitee luister na voorleggin­gs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa