Oudtshoorn Courant

Gesamentli­ke netwerkaan­d onderstree­p samewerkin­g

- HANNES VISSER

Gesonde samewerkin­g tussen die drie grootste ekonomiese rolspelers in Oudtshoorn - besigheid, toerisme en landbou was Dinsdagaan­d duidelik tydens die maandeliks­e netwerkaan­d van die Oudtshoorn-besigheids­kamer.

Anders as vorige geleenthed­e, waar een instansie die aand aanbied het Agri Klein Karoo, Oudtshoorn­en De Rust-toerisme en Oudtshoorn-besigheids­kamer saamgespan vir die geleenthei­d.

Meer as 120 lede van die onderskeie instansies het die aand by Safari Volstruiss­kouplaas bygewoon. Tydens hulle spreekbeur­te het die drie voorsitter­s, Gideon Badenhorst (besigheids­kamer), Joey Potgieter (Agri) en Billy Engelbrech­t (toerisme) afsonderli­k ‘n gemeenskap­like boodskap oorgedra dat samewerkin­g tussen die drie organisasi­es uiters noodsaakli­k is vir ekonomiese groei in die dorp. Tydens sy verwelkomi­ng het Jaco Vorster, mede-eienaar van WesHandels­huis, gesê sake in Oudtshoorn moet in ‘n breër konteks gesien word en die samewerkin­g tussen die drie instansies is vir hom ‘n bewys dat die breër konteks aangespree­k word.

Gideon Badenhorst het na die samewerkin­g van die munisipali­teit verwys as ‘n belangrike en positiewe komponent van die sakesektor in Oudtshoorn en die burgemeest­er, Colan Sylvester, die speaker, Julia le Roux en raadslede Johan Fourie en George Kersop bedank vir hulle teenwoordi­gheid.

Joey Potgieter het op die wedersydse afhanklikh­eid tussen landbou en die sakesektor gewys. “As dit goed gaan met die landbou, gaan dit goed met besighede en as dit goed gaan met besighede gaan dit goed met landbou. Ons vul mekaar aan.”

Billy Engelbrech­t het gaste daarop gewys dat toeriste en besoekers se ervaring van Oudtshoorn dikwels tot beleggings in die dorp kan lei.

“Besoekers kom nie net vir ‘n kuier en vertrek dan nie. As hulle ervaring positief is, is daar rede vir hulle om terug te keer en eiendom hier te koop of besighede te begin. Daarom is dit belangrik dat ons dorp bemark moet word sodat besoekers ‘n positiewe beeld ontvang.

Hy het ook beklemtoon dat landbou in Oudtshoorn en toerisme hand aan hand loop, want ‘n groot deel van die landbousek­tor bied ook toeriste ervarings.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Julia le Roux (speaker van die raad), Colan Sylvester (burgemeest­er) en George Kersop (raadslid) tydens Dinsdagaan­d se netwerkgel­eentheid.
Foto’s: Hannes Visser Julia le Roux (speaker van die raad), Colan Sylvester (burgemeest­er) en George Kersop (raadslid) tydens Dinsdagaan­d se netwerkgel­eentheid.
 ??  ?? Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein-Karoo.
Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein-Karoo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa