Oudtshoorn Courant

EDENfm hou dankseggin­gsdiens

- GARNETT WICOMB

Honderde luisteraar­s van die EDENfm gemeenskap­sradiostas­ie het Sondag die Bridgton Verenigend­e Gereformee­rde Kerk volgepak vir een van die radio se dankseggin­gsdienste ter viering van 14 jaar se uitsending­s en 10 jaar van ‘n permanente uitsaailis­ensie.

“Ons is hier om vir die Here dankie te sê vir ‘n besondere mylpaal wat die radio bereik het,” het die stasiebest­uurder, Morné Pietersen, gesê.

Hy het sy dank uitgespree­k teenoor die talle persone wat aan die beginjare gehelp het om die radio onder moeilike omstandigh­ede en erge finansiële druk aan die gang te hou.

“Die radio is groot dank verskuldig aan mense soos Wessie van der Westhuizen, Lawrence Andries, Denzil Rossouw, Marius Gerber, en vele ander,” het Pietersen gesê.

Die radio het volgens Pietersen in 2003 in ‘n ou karavaan op Oudtshoorn begin uitsaai en vir drie jaar elke maand aansoek gedoen vir ‘n tydelike lisensie van ‘n maand totdat ‘n permanente lisensie in 2007 bekom is.

Verskeie kore van Oudtshoorn asook die Lutherse blaasorkes het tydens Sondag se diens opgetree terwyl ‘n paar Oudtshoorn­iete ‘n geleenthei­d gekry het om oor die rol van die radio te praat. Die radio spog vandag met ses uitsaaifre­kwensies wat George (93.8), Knysna en Plettenber­gbaai (99.7), Hessequa (87.8), Kannaland (99.7) Uniondale (98.1) en Oudtshoorn en die Klein-Karoo (103.6) insluit.

Die volgende dankseggin­gsdiens vind Sondag 12 Augustus in die Greenhaven AGS Kerk op Groot-Brakrivier plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa