Oudtshoorn Courant

Boorling van Dysselsdor­p speel eerste plek los

-

Sulayman Human (24), ‘n boorling van Dysselsdor­p, se vingerpass­ies op klaviernot­e het hom in 2016 ’n derde plek in die ATKV-Muziqkompe­tisie besorg, maar nou in 2017 spog hy nie net met die eerste plek nie, maar ook ’n prys vir die beste vertolking van ‘n barok- of klassieke werk.

Hy het Saterdagaa­nd die gehoor meegevoer gehad in die ATKV se nasionale instrument­ale klassieke musiekkomp­etisie, Muziq, in die ouditorium van die Hugo Lambrechts-musieksent­rum in Parow.

Sulayman is tans besig met sy meestersgr­aad aan die Universite­it van Stellenbos­ch. Sy klavierloo­pbaan het as 12-jarige begin toe een van sy onderwyser­s gevra het wie musiekless­e wil neem en hy sy hand opgesteek het.

“Ek het nie eens geweet hoe ’n klavier lyk of klink nie,” sê Sulayman.”

Sulayman het aan die begin elke dag 16:00 afgesit na sy musiekonde­rwyser toe. Daar was nie ’n klavier by die huis om op te oefen nie. Dit het egter verander toe die Barrow-familietru­st, die

KKNK en die ATKV saamgespan het om vir hom ’n klavier te koop.

“Toe kon ek oefen net wanneer ek wou. Ek dink ek het my gesin mal gemaak. Darem het ek nie in 7de Laan-tyd geoefen nie,” spot Sulayman.

Hy oefen elke dag en sommige dae tussen agt en tien uur per dag en droom daarvan om ’n konsertpia­nis en ’n dosent te word.

Instrument­aliste tussen die ouderdomme van 15 en 27 kon hulle vir Muziq inskryf.

Sulayman ontvang prysgeld van R65 000 en ook ’n R8 500-prys vir die beste vertolking van ’n barok- of klassieke werk. Cameron Williams wat die saksofoon speel, was tweede en ontvang R32 000. Cameron het ook ’n addisionel­e prys van R8 500 ontvang vir die beste vertolking van ’n Suid-Afrikaanse werk. Die violis Jeffrey Armstrong was derde en ’n prys van R16 000 is aan hom toegeken.

Die ander twee finaliste wat saam met Sulayman, Cameron en Jeffrey hul staal getoon het, was Brian Bae (klavier) en Jonathan Mayer (viool). Al vyf finaliste ontvang R10 000.

Die nasionale Afrikaanse radiostasi­e RSG was weer vanjaar die mediavenno­ot van ATKV-Muziq.

 ??  ?? Sulayman Human
Sulayman Human

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa