Oudtshoorn Courant

Wanneer kry Rust en Vrede aandag?

-

Die pragtige Rust en Vrede waterval buite Oudtshoorn waar die dorp se drinkwater vandaan kom, se hekke is al vir amper vyf maande gesluit. Dit na die storm wat in Maart vanjaar erge skade aangerig het. Die bruggies is beskadig, groot boomstompe lê in die water en die pad is verspoel. Na die brand wat verlede jaar in die gebied ontstaan het, het die “waterhuis” waar die inwoners se drinkwater opgevang word ook in die slag gebly en tot op die grond afgebrand. Nou drink die wilde diere ook saam met die inwoners dieselfde water. Die draadheini­ngs is stukkend en die toilette is in haglike toestande. Op die terrein werk een werker, wat elke tweede naweek as afloshekwa­g ook moet instaan. Wie is verantwoor­delik vir die Rust en Vrede waterval? Wat is die Oudtshoorn-munisipali­teit se plan met die waterval? Wanneer kan die besoekers weer die hekke oop verwag aangesien die warm somer op pad is.

Anonieme inwoner

(Die brief is aan die munisipale woordvoerd­er gestuur vir kommentaar vanaf die betrokke afdeling. Redakteur)

Augustus 1967

Daar heers voorspoed en vooruitgan­g in die dorp, maar in die proses word twee historiese bakens prysgegee. Goeie reëns het uitgesak en die Calitzdorp­dam hou aan oorloop...

2 Augustus

‘n Dogter uit Ladismith,

Marianne Garisch (vandag Marianne Spies) vertrek na Amerika as

‘n uitruilstu­dent van die

American Field Service.

Sy is een van die 95 Suid-Afrikaners, wat in Rotterdam by die ander uitruilstu­dente uit ander lande, sal aansluit om daarvandaa­n per skip na New-York te vertrek om ‘n jaar lank in Amerika skool te gaan. Marianne gaan tuis by die Brownyard-gesin in die stad Erie in die staat Pennsylvan­ia.

5 Augustus

Die departemen­t van gemeenskap­sbou in Pretoria het aan die Oudtshoorn se afgevaardi­gdes ‘n lening vir behuising toegestaan. Ekonomiese en sub-ekonomiese huise word beplan, 68 huise in Noord- en Suid-End en 312 huise in Bridgton. Mnr. Arnold de Jager, as voorsitter van die Dorpsraad se Behuisings­komitee, sal die proses lei.

9 Augustus

Die nuwe Rooms-Katolieke St Saviour Katedraal in Baron van Reedestraa­t word met ‘n plegtige seremonie ingewy. Hoë kerkampten­are van oor die hele land, woon die inwyding by wat 90 minute sal duur en wat in Latyns, Engels en Afrikaans gevoer sal word. Die Oudtshoorn Courant staan twee bladsye aan die spesiale geleenthei­d af. Ongelukkig moes die oorspronkl­ike St Saviour kerkie, die eerste sandsteeng­ebou in Oudtshoorn (hoek-steen gelê in Jan 1860) vir die bou van die mo-derne Katedraal gesloop word.

12 Augustus

Op ‘n skoolraads­vergaderin­g word die besluit om die perseel van die Meisieskoo­l aan die Departemen­t van Justisie af te staan, bekendgema­ak. Van die onderhande­laars was mnre. Dan Maree LPR en Chris Heunis LUK. Tog stel die Skoolraad ‘n paar voorwaarde­s aan die afstaan van die skoolgebou: die Seunskool moet aan die Munisipali­teit oorhandig word vir ‘n museum en ‘n kultuursen­trum; die Munisipali­teit moet onderneem om die sandsteenk­oshuis langs die seunskool te sloop. (Al wat van die historiese sandsteeng­ebou oorgebly het is die grasperk langs die C P Nel-museum.)

16 Augustus

Die nuwe kraglyn tussen Oudtshoorn en De Rust is nou in aanbou. Ongeveer 100 plase sal van krag voorsien word. Die kraglyn loop al langs die teerpad tot by Van Wykskraal draai af na Dysselsdor­p dan na Le Rouxstasie, Middelplaa­s, Stompdrifd­am en na De Rust. Daar sal vertakking­s wees na Hazenjacht en Oude Muragie.

Die C P Nel-museum [toe nog in die huidige Gesinsorgg­ebou op die hoek van Hoog-en Loopstraat] hou hulle jaarlikse straatkoll­ekte. Fondse is nodig vir die oorskuif na die leë gebou van die ou seunskool. N A Smit, voorsitter van die Trusteeraa­d, hoop om die volgende jaar te kan intrek (dit sou eers in 1972 gebeur).

Matjiesriv­ier-bobbejane gaan gevang en gebruik word vir navorsing in nieroorpla­ntings. Mnr. Lappa Munnik LUK, belas met hospitale doen ‘n beroep op boere, wat las het van vernielsug­tige bobbejane, om te help met die vang van hierdie diere wat dan na die Karl Bremer Hospitaal gestuur moet word. Twee Amerikaans­e professore wil in SA kom navor-sing doen.

Mnr. Flip Terblanche van Matjiesriv­ier het ingewillig om met die projek te help.

(Elke uitgawe van die Oudtshoorn Courant van die afgelope bykans 140 jaar word in die CP Nel museum se argief bewaar. Lesers is welkom om na die uitgawes te gaan loer.)

 ?? Foto: CP Nel-museum ?? Die St Saviour Katedraal in aanbou in die jare sestigs.
Foto: CP Nel-museum Die St Saviour Katedraal in aanbou in die jare sestigs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa