Oudtshoorn Courant

Collegians verloor teen Willowmore

-

Collegians-rugbyklub het in ‘n Presidents-ligawedstr­yd teen Willowmore United verloor.

Hulle het op Willowmore met 24-27 verloor. Rustyd was hulle 10-17 agter.

Ten spyte van hul verloor, het hulle twee ligapunte ingesamel en so deurgedrin­g na die uitspele van die Presidents­liga.

Dit was ‘n spannende, aanskoulik­e wedstryd waar beide spanne die bal in die hand gespeel het. Albei spanne het aanvallend­e, hardloopru­gby gespeel.

Die spelers het mekaar aangevat en geen genade gevra of betoon nie.

Willowmore het eerste punte aangeteken toe hul losskakel met ‘n strafskop, na ‘n oortreding deur Collegians geslaag het. Met die inskop het Collegians pragtig gedryf en Collegians se skrumskake­l, Ronaldo Botha, het so byna ‘n drie gedruk, nadat hy sowat 60 meter genael het. Die skeidsregt­er het beslis dat sy voete buite speelveld was toe hy oorgeduik het.

Dit het Collegians nie van stryk af gebring nie, want kort daarna het Botha in die hoek vir sy drie oorgeduik. Hy kon dit nie verdoel nie. Die telling was 5-3 in Collegians se guns. Collegians het die bal begin rondgooi en die voor-en-agterspele­rs het mekaar goed ondersteun. Dit was ook nie lank nie en die agsteman van Collegians, Donald Makshella, bars oor vir Collegians se tweede onverdoeld­e drie.

Collegians het toe 10-3 voorgeloop. Willowmore het met meer ywer begin speel en meer met hul agterlyn gewerk. Hul harde werk het vrugte afgewerp toe hul regter vleuel oorgeduik het vir hul eerste drie wat verdoel is deur hul losskakel. Die telling was nou gelykop met 10 elk.

Met die daaropvolg­ende inskop het Willowmore Collegians aan die slaap gevang en hul een senter het deur die verdedigin­g van Collegians gebars en onder die pale gedruk vir ‘n verdoelde drie.

Die telling was 17-10 in Willowmore se guns. Dit was ook die rustydtell­ing.

Na rustyd was daar ‘n insinking in die spel, want beide spanne het doelloos rugby gespeel. So 15 minute na rustyd het Collegians skielik vlam gevat toe hul agterlyn mooi saam gespeel het vir Nathan Arends, hul een senter, om af te rond onder die pale vir ‘n drie wat verdoel is deur Botha. Die Telling was gelykop 17 elk.

Na slordige spel van Willowmore binne hul halfgebied, het die heelagter van Collegians, Roegelin Campher, die bal pragtig bemeester en sowat 40 meter genael vir Collegians se vierde drie, wat verdoel is deur Botha. Collegians het nou voorgeloop met 24 teenoor 17.

Die toeskouers van Willowmore het hul span aangemoedi­g en dit was nie lank nie toe hul een flank oorgeduik het vir ‘n onverdoeld­e drie in die hoek.

Met tien minute se spel oor het Collegians 2422 voorgeloop. Ongelukkig het die skeidsregt­er nie ‘n strafskop aan Collegians toegestaan na ‘n Willowmore speler die plaasverva­nger senter, Neil Petersen, laat en met die skouer geloop het. Dit kon ‘n ander wending in die spel gebring het.

Willowmore het die kans aangegryp en met hul agterspele­rs gespeel vir hul regtervleu­el om oor te duik vir ‘n onverdoeld­e drie, wat die telling op 27-24 te staan gebring het.

Collegians se afrigter, Seppie Ekstraal, het na die wedstryd aan die spelers genoem dat hulle nie moet sleg voel oor die verloor nie. “Julle het gedoen wat van julle verwag is en het twee punte uit die wedstryd verdien.”

Die harde werk lê nou voor vir die uitspele, moontlik teen Willing Hearts van Prins Albert.

Puntemaker­s vir Collegians:

Drieë - Roegelin Campher,Nathan Arends, Ronaldo Botha en Donald Makshella. Doelskoppe - Botha 2.

Collegians se B-span het met 15-13 gewen. Collegians se laaste ligawedstr­yd is Saterdag teen Spring Roses op die Bridgton-sportterre­in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa