Oudtshoorn Courant

Joernalis van Group Editors sportjoena­lis van die jaar

-

Christo Vermaak, joernalis van die Oudtshoorn

Courant, is verlede week aangewys as die Eden-sportraad se sportjoern­alis van die jaar.

Die glansfunks­ie waartydens die Eden-sportraad verskeie sportmense en rolspelers vereer het, het Donderdaga­and 27 Julie in die Riversdal-burgersent­rum plaasgevin­d. Vermaak is met die toekenning outomaties ‘n finalis vir die Wes-Kaapse sportraadt­oekennings wat op Saterdag 16 September in Kaapstad plaasvind.

Hy het in April 2003 by Group Editors aangesluit en reeds sportberig­gewing vir al Group Editors se koerante gedoen. Hy is tans verantwoor­delik vir sportberig­gewing en koördineri­ng vir die Oudtshoorn Courant.

Behalwe om aan Eden en Oudtshoorn se sportgebeu­re dekking te gee en te publiseer in die Oudtshoorn Courant, asook al Group Editors se koerante word sy mediadekki­ng deur verskeie ander koerante, nasionaal erken en gebruik.

Volgens Vermaak is Oudtshoorn en die Eden-distrik die sportmekka van Suid-Afrika. Die gebied toon geweldige groei in nasionale sportgebeu­re wat hier aangebied word en internasio­nale atlete word gereeld gelok vir deelname aan verskeie sportgelee­nthede.

As sportjoern­alis dek Vermaak ‘n wye verskeiden­heid sportsoort­e en gee mediadekki­ng aan die Eden distrik se sportsterr­e wat internasio­naal, nasionaal, sowel as plaaslik deelneem, of as administra­teurs en afrigters optree. Hierdie atlete sluit die meesteratl­eet Toy Ungerer en fietsryers soos Corné Bence, Louis Visser (JNR) en verskeie ander in.

So is van sy internasio­nale berigte al op SuperSport gebeeldsen­d, en ook op Kwêla, kanaal 144. Vermaak skroom nie om sy beriggewin­g, foto’s en inligting nasionaal – en internasio­naal met ander media-instansies te deel nie. “Vir my is dit deel van die bemarkings­proses van atlete en sport in Eden. Hulle is ons trots en hul harde werk voed ons ekonomie.”

Vermaak gee mediadekki­ng aan meeste sportkodes binne die Edens-sportraad se affiliasie­s. Sy area vir mediadekki­ng strek tot Noord van Beaufort-Wes, Kannaland en binne die landelike gebiede.

 ?? Courant,
Oudtshoorn ?? Christo Vermaak, joernalis van die
met sy toekenning­s as Eden-sportraad se sportjoern­alis van die jaar.
Courant, Oudtshoorn Christo Vermaak, joernalis van die met sy toekenning­s as Eden-sportraad se sportjoern­alis van die jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa