Oudtshoorn Courant

Eden sportsterr­e vereer

-

Op die prestige 2017 Eden Sportraad Sport toekenning­s funksie wat Donderdaga­and ,27 Julie op Riversdal in die Hessequa-banketsaal aangebied is, is Eden Fietsry Federasie onder die voorsitter­skap van Corné Bence, aangewys as die top federasie in die Eden-distrik. Die sportman van die jaar is Georgou Divaris (seiljag) en die sportvrou van die jaar Elma Davis (rolbal).

Die President s toekenning het vanjaar aan die ou strydros van sport in Eden, Denzil Geldenhuys, gegaan.

Volgens die voorsitter van die reëlingsko­mitee, Rudi Claassen, moes meer as 160 nominasies verwerk word om die wenners in die 31 kategorië aan te wys. “Nominasies van hoogstaand­e gehalte is ontvang en die reëlingsko­mitee was aangenaam verras met die getal genomineer­des wat op internasio­nale vlak presteer het.”

Die gasspreker, Prof. Willie van der Westhuizen (oud-Springbok naelloper ), het die opkomende sportmannn­e en -vroue aangemoedi­g om nie net te fokus op hulle huidige sportsoort as loopbaan nie, maar terselfder­tyd ook te fokus en te beplan vir ‘n alternatie­we loopbaan, sodat die verskynsel van ‘arm en behoeftige’ sportperso­ne hulle nie tref op hulle ou-dag nie.

Die burgermees­ter van Hessequa, raadslid Grant Riddles, het in sy spreukbeur­t dankie gesê dat die prestige funksie ook na Riversdal gebring is. Hy het die Eden-sportraad geloof vir die puik manier waarop dit georganise­er en aangebied is.

Namens die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport, het die direkteur van sport, Thabo Tutu, die ondersteun­ing van sy department onderstree­p en is hierdie funksies in al ses distrikte, die kulminerin­g van hulle beleid van sportbefon­dsing.

Die wenners van die Eden-kategorië is finaliste vir die opkomende Wes-Kaap-sporttoeke­nnings van 16 September.

Hulle sal ingelig word sodra die finale reëlings ontvang is. Die wenners is: Administra­teur: Sonja Botha

Afrigter: Lilian Steyn

Plaaswerke­r: Micheal Vaaltyn Nuweling: Johann van Tonder Tegniese uitnemendh­eid: Corne Botha Federasie: Eden-fietsry

Span: Oakdale Landbousko­ol - 560 kg toutrek Inheemse span: Eden Kgati

Laerskole sportman: Antonio Bruiners Laerskole sportvrou: Jandri Snyders Hoërskole sportman: Christo Lamprecht Hoërskole sportvrou: Anique Wolmarans Gestremde sportvrou: Susan Agrella Gestremde sportman: Philo Verlaat

Riaan loots-toekenning: Swallows netbalklub Junior sportvrou: Aimee Canny Junior sportman: Jarco Ferreira Meesterspo­rtvrou: Aletta Ungerer (Toy) Meesterspo­rtman: Johan Windt Sportvrou: Elma Davis

Sportman: Georgou Divaris Vrywillige­r: Susanna Spires Skoolspan: Van Reede-trompoppie­s Ontwikkeli­ngs-skoolspan: Heidedal Primêr Gemeenskap­sbouer: Jenny Olivier Leeftydpre­steerder: Derick Petersen Legendes: André O’ Connell, Carel Matthee, Elzie Erasmus, Mervyn Davids, Rolina Lerm, Tom Willems, Magdalena Stride en Russel Arends. Joernalis: Christo Vermaak

Fotograaf: Gerhard Jooste Ontspannin­gsliggaam: Oudtshoorn Christelik­e Jeugforum

Presidents­toekenning: Denzil Geldenhuys

 ?? Foto’s: Rudy van Heerden ?? Corné Bence namens Eden-fietsry. Denzil Geldenhuys en Desmond Speelman met Geldenhuys se presidents­toekenning.
Foto’s: Rudy van Heerden Corné Bence namens Eden-fietsry. Denzil Geldenhuys en Desmond Speelman met Geldenhuys se presidents­toekenning.
 ??  ?? Toy Ungerer: Meesterspo­rtvrou.
Toy Ungerer: Meesterspo­rtvrou.
 ??  ?? Philo Verlaat: Gestremde sportman.
Philo Verlaat: Gestremde sportman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa