Oudtshoorn Courant

Derde trok slaan om in poort

- LIEZL VAN NIEKERK en HANNES VISSER

Nog ‘n vragmotor het Sondag in Meiringspo­ort omgeslaan. Hierdie is die derde vragmotor sedert middel Julie wat in die poort omgeval het.

Die vragmotor wat Sondag omgeval het, het veevoer wat vir boere in die George omgewing bestem was vervoer. Dit het by Witteperde­drif omgeval.

Sover vasgestel kan word het die vragmotorb­estuurder beheer oor die vragmotor verloor. Die vragmotor het op die draai omgeval en oor die pad geskuur waar dit teen ‘n doringboom langs die pad tot stilstand gekom het.

Die bestuurder het by die voorruit uitgeval en is met ligte beserings na die hospitaal geneem.

Die eerste ongeluk was op 16 Julie. Die bestuurder van dié vragmotor is met meganiese kake uit die vragmotor gesny.

Sondag se ongeluk volg slegs vyf dae nadat ‘n vragmotor met 45 000 liter diesel in die poort omgeslaan het. Tydens dié ongeluk op 15 Augustus het die tenk waarin die diesel geberg was oopgeskeur en die diesel het uitgestroo­m.

Ongeveer 35 000 liter diesel het in die Grootrivei­r beland. Opruimings­panne spook sedertdien onverpoos om te verhoed dat die diesel stroomaf spoel.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit se woordvoerd­er, Ntobeko Mangqwengq­we, het dié week in ‘n verklaring gesê SpillTech, die maatskappy wat daarin spesialise­er om hierdie tipe besoedelin­g op te ruim het, na die groot reën van dié week dryfbare sluitbome in die rivier gesit om te keer dat die diesel verder in die rivier versprei.

“Ongeveer 26 000 liter diesel is al uitgepomp,” het hy gesê.

Volgens die verklaring is daar reeds 30 visse, ‘n paar paddas en twee eende dood weens die diesel wat in die rivier is.

Daar is ook ‘n toestel in die water gesit om suurstofvl­akke in die water te verbeter. Die opruimings­pan was Sondag op die toneel van die jongste ongeluk om te verseker dat die trok se eie diesel nie ook in die rivier beland nie.

Behalwe vir die drie vragmotors het ‘n motor ook ‘n week gelede in die poort op sy dak in die rivier beland. Gerald Becker, hoof van die provinsial­e verkeersde­partement in die Suid-Kaap, skryf die ongelukke toe aan onoordeelk­undige bestuur. “Daar is ‘n snelheidsp­erk in die poort, maar dit beteken nie dat ‘n vragmotor met ‘n volvrag deur die hele poort teen byvoorbeel­d sewentig of tagtig kan ry nie. Daar is skerp draaie waar spoed drasties verminder moet word, en ek dink bestuurder­s onderskat die draaie.”

Dit is egter nie slegs vragmotorb­estuurders wat draaie onderskat nie. Die Oudtshoorn Courant het die afgelope paar jaar ‘n hele aantal ongelukke gedek waarby motors en motorfiets­e ook betrokke was. By een so ‘n ongeluk waar ‘n groep buitelande­rs teen ‘n rotswand gebots het, het ‘n verkeersbe­ampte opgemerk dat moto- riste soms hulle aandag van die pad haal om die natuurskoo­n van die poort te bewonder. Sy raad was dat mense by die rusplekke wat oral in die poort voorkom, aftrek en dan die omgewing geniet. Hy het ongeduldig­heid as nog ‘n bydraende faktor tot botsings genoem.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Die vragmotor het op sy sy geval nadat die bestuurder beheer op ‘n draai in Meiringspo­ort verloor het.
Foto: Liezl van Niekerk Die vragmotor het op sy sy geval nadat die bestuurder beheer op ‘n draai in Meiringspo­ort verloor het.
 ?? Foto verskaf ?? Werknemers van SpillTech by versperrin­gs om te keer dat diesel wat op 15 Augustus in die rivier beland het verder versprei.
Foto verskaf Werknemers van SpillTech by versperrin­gs om te keer dat diesel wat op 15 Augustus in die rivier beland het verder versprei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa