Oudtshoorn Courant

Bakleiery tydens skolerugby

- CHRISTO VERMAAK

Geweld in skolesport is onder die SWD-vergrootgl­as. Die SWD-skeidsregt­ersverenig­ing en ander sportleier­s is besig om in diepte na voorvalle van bakleiery tydens rugbywedst­ryde op skolevlak te kyk. Dit volg nadat twee wedstryde die afgelope naweek as gevolg van bakleiery op die veld gestaak moes word.

Die twee rugbywedst­ryde het tydens Langenhove­n Gimnasium en Hoërskool Punt se interskole byeenkoms plaasgevin­d. SWDskeidsr­egters het die wedstryde wat voor die eindfluitj­ie beëindig is, hanteer. Die gevoel uit verskeie oorde was dat die skeidsregt­ers nie die spelers onder beheer kon hou nie.

Sommige toeskouers blameer weer die spelers en inmenging van die kantlyn af, waar toeskouers die seuns tot geweld sou aanpor.

Saterdag se twee voorvalle was tydens wedstryde van die o.15A en o.16A-spanne. Die o.15A-kragmeting is kortgeknip nadat die skeidsregt­er drie Gimmies en een Punt-speler met geelkaarte koelkas toe gestuur het. Met die telling 17-0 in Gimmies se guns het humeure in so mate opgevlam dat die wedstryd gestaak moes word.

Die o.16A-wedstryd is met die telling op 3122 in Gimmies se guns, tien minute voor die einde gestaak. Toe die bakleiery in die o.16Awedstry­d uitbreek het ouers, ondersteun­ers en afrigters die spelers onder beheer probeer bring. Kort na medeleerde­rs ook op die veld gehardloop het om vuiste te bal, is die eindfluitj­ie geblaas.

Gimmies se sportbestu­urder, Theo Ferreira, het Maandag aan die Oudtshoorn Courant gesê: “Die voorvalle word intern deur die skool ondersoek en aangespree­k.”

Punt se sportkoörd­ineerder, Marius Pelser, het op dieselfde dag gesê: “Ons het klaar ‘n verslag opgestel oor die bakleiery.” Pelser pak die skuld vierkantig op die skouers van die skeidsregt­ers.

“Die skeidsregt­ers het geen beheer oor die wedstryde gehad nie. Hulle het weggestap van die bakleiery en ‘n blinde oog gedraai en nie dissipline toegepas nie.”

Die voorsitter van die SWD-skeidsregt­ersverenig­ing, James Speelman, het Woensdag gesê hulle het Hoërskool Punt se verslag ontvang. “In die verslag word die skeidsregt­ers blameer.” Speelman het gesê hy voel baie sleg oor die feit dat die skeidsregt­ers blameer word. “Ons is nie daar om die kinders dissipline te leer nie. Ons is daar om die wedstryde te hanteer. Ons is in elk geval net verantwoor­delik om o.19A-wedstryde se blaas. Ons doen skole ‘n guns om meer junior spanne se wedstryde te hanteer. As dit hulle houding is sal ons dit definitief oorweeg om nié verder junior wedstryde te blaas nie.”

Intussen het die president van SWD-rugby, Hennie Baartman, gesê hy eis ‘n ondersoek op die hoogste vlak. “Dis onaanvaarb­aar. SWDskoleru­gby moet dié voorvalle ondersoek. Ek soek ‘n verslag oor die gebeure op SWD-bestuur se tafel. Ons duld nie geweld in sport nie. Wat nog te sê op skolevlak.”

Dave van der Walt, sekretaris van die Edensportr­aad het Woensdag gesê hy kan ook nie oor die voorvalle kommentaar lewer nie, aangesien hy nie oor die agtergrond­inligting beskik nie. Hy het egter gesê: “Ons as sportraad is absoluut teen geweld in enige sportkode gekant. Dis juis hoekom ons jaarliks die Riaan Loots-toekenning oorhandig aan die span wat geweld in sport voorkom.”

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Ouers, afrigters, toeskouers en spelers kort na ‘n skolerugby­wedstryd weens bakleiery vroeër beëindig moes word.
Foto: Christo Vermaak Ouers, afrigters, toeskouers en spelers kort na ‘n skolerugby­wedstryd weens bakleiery vroeër beëindig moes word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa