Oudtshoorn Courant

Klassique beste nog

-

Die uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, Rhodé Snyman, is in haar noppies met die sukses van die negende Klein Karoo Klassique wat voorverled­e naweek in Oudtshoorn aangebied is. “Die negende Klein Karoo Klassique is deur die grootste gehore in dié fees se geskiedeni­s bygewoon,” het sy hierdie week gesê.

“Klassique se toenemende groei, te midde van die huidige ekonomiese klimaat, dui daarop dat die fees se lojale gehoor waardering vir vanjaar se toeganklik­e musiek, groter variasie op die program en bekostigba­re kaartjiepr­yse gehad het.,”

Die sukses van vanjaar se Klassique is volgens haar, daaraan toe te skryf dat die fees opnuut daarin geslaag het om kunsmusiek toeganklik te maak en deur verskeiden­heid te kenmerk. Die verskeiden­heid het gewissel van kitaar tot outentieke barokinstr­umente en van soprane tot ’n verkorte opera.

Vanjaar is die fees op een perseel, die NG Moederkerk se terrein, aangebied wat dit vir feesganger­s moontlik gemaak het om tussen uitvoering­s te kuier en te ontspan. ‘n Restaurant is ook vir die duur van die fees by die kerk ingerig.

“Ons het groot waardering vir die finansiële bydrae van ons hoofborge, die Rupert Musiekstig­ting en die Shanti Nilaya Trust, wat ons in staat gestel het om kaartjiepr­yse dieselfde as verlede jaar te hou. Ons is ook dankbaar vir die ondersteun­ing van die ATKV, die Oudtshoorn Courant,

RSG, Die Burger, Hyundai Oudtshoorn en Klein Karoo Internatio­nal, sonder wie dié sukses nie moontlik sou wees nie.” vertel sy.

Snyman vra dat feesganger­s terugvoer oor Klassique na info@kunste.org.za moet stuur en ook nou reeds volgende jaar se datums moet aanteken.

Die Klein Karoo Klassique is volgende jaar tien jaar oud en om dit te vier is die fees ‘n dag langer. Die Klassique word in 2018 vanaf Donderdag 9 tot Sondag 12 Augustus aangebied.

Meer inligting oor Klein Karoo Klassique is beskikbaar by www.klassique.co.za, of op Facebook (@KleinKaroo­Klassique), of Twitter by @ kkarooklas­sique.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Mense het na die ATKV afsluiting­skonsert gestroom en die kerkgebou volgepak.
Foto: Hannes Visser Mense het na die ATKV afsluiting­skonsert gestroom en die kerkgebou volgepak.
 ?? Foto met vergunning
van Luminco. ?? Charl du Plessis en Zanta Hofmeyr met hulle uitvoering, Beethoven Tango.
Foto met vergunning van Luminco. Charl du Plessis en Zanta Hofmeyr met hulle uitvoering, Beethoven Tango.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa