Oudtshoorn Courant

Boereveren­iging skenk R12 000 aan Laurus

- TISHA STEYN

Bestuursle­de van die Kangovalle­ie Boereveren­iging het Dinsdag ‘n tjek ter waarde van R12 000 aan Laerskool Laurus oorhandig.

Die tjek kom uit die opbrengs van die suksesvoll­e eerste Kango Agri Expo wat op 23 Mei vanjaar op Schoemansh­oek gehou is waartydens meer as 40 uitstaller­s hul produkte en dienste aan boere kon bekendstel.

Laerskool Laurus, met 430 leerders, is drie jaar gelede as die enigste eko-skool op die dorp geregistre­er, en het in samewerkin­g met die Gourits Biosfeerre­servaat (GCBR) intussen ‘n waterbespa­ringsproje­k van stapel gestuur.

“Ons het besluit om ‘n skenking aan Laerskool Laurus te maak omdat ons as boere so baie met hulle in gemeen het: ons is afhanklik van die natuur se hulpbronne en by Laurus leer die kinders die waarde van bewaring van die natuur,” het Chris Botha, voorsitter van die vereniging tydens die oorhandigi­ng gesê. “Die kinders is die landbouers van die toekoms en hulle sal moet sorg dat die landboubed­ryf volhoubaar is.

“Ons beskou hierdie bydrae as ‘n simboliese saadjie wat ons plant, wat hulle kan laat groei tot ‘n magtige boom wat vrugte dra. Dit is hoe ons wil teruggee aan die gemeenskap.”

Die geld word gebruik om ‘n buitelug ekoklaskam­er, wat in ‘n voorheen onbenutte ruimte in die middel van die skoolgebou ingerig is, van ‘n dak te voorsien.

Die natuurklas is sedert 2015 in gebruik, maar word voortduren­d verbeter.

“Die klas skep vir die kinders ‘n positiewe leeromgewi­ng,” sê Ronelle Huysamen, die hoof. “Baie van die kinders het nie ‘n tuin by die huis nie en word nêrens anders blootgeste­l aan ‘n natuurlike omgewing nie.”

Die natuurklas sluit ‘n lowergroen tuin in waar insekte voorkom en skilpaaie vrylik rondbeweeg. “Die kinders kan sien hoe die plante groei en hoe die natuur funksionee­r. By die werksbanke kan hulle praktiese ervaring opdoen en in hierdie klas kan hulle mors sonder om raas te kry.”

‘n Watertenk, waarin afloop-reënwater opgegaar word, sal gebruik word vir ‘n hidroponie­se stelsel waarin groente gekweek sal word. Missproeie­rs wat teen die dak geïnstalle­er is, sal die leerders op ‘n snikhete dag koel hou.

“Ons is afhanklik van die gemeenskap vir borge en ons bedank julle hartlik vir julle bydrae. Ons wil graag in die toekoms weer saam met julle werk,” het Huysamen gesê.

As eko-skool het die skool reeds ‘n brons- en silwermeda­lje ontvang en was in 2016 die ontvangers van die gesogte Nasionale Groenvlagt­oekenning. Vanjaar sal hulle ‘n goue sertifikaa­t ontvang, en in 2018 die Internasio­nale Groenvlag.

Die Matjiesriv­ier Crèche sal ook ‘n geldelike bydrae ontvang.

 ?? Foto: Tisha Steyn ?? Tydens die oorhandigi­ng van die tjek is, van links: Chris Botha (voorsitter van Kangovalle­i Boereveren­iging), Theo Landman, Susan Botha (GCBR), Francois de Kock, Ronelle Huysamen (skoolhoof), Hennie-Edna van Rensburg, David Malan, Kobus Theron (Klein...
Foto: Tisha Steyn Tydens die oorhandigi­ng van die tjek is, van links: Chris Botha (voorsitter van Kangovalle­i Boereveren­iging), Theo Landman, Susan Botha (GCBR), Francois de Kock, Ronelle Huysamen (skoolhoof), Hennie-Edna van Rensburg, David Malan, Kobus Theron (Klein...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa