Oudtshoorn Courant

Onenigheid na haweloses geskuif word

- LIEZL VAN NIEKERK

Die intrek van die haweloses by die nuwe Oudtshoorn Shelter for the Homeless het nie so glad verloop soos daar gehoop is nie.

Dié skuiling was voorheen die Malibongwe­skuiling wat die huis vir mishandeld­e vroue en kinders was.

Die Oudtshoorn Courant het verlede week berig dat die haweloses wat in Vredestraa­t gewoon het verlede Woensdag by die nuwe skuiling ingetrek het, maar dat daar steeds twee gesinne in die huis woon.

Volgens Lizbeth Waarts, sekretaris van die Malibongwe-bestuur, is die gesinne nie onwettig daar nie.

“Geneveve Olieslager en Cynthia Swarts het by die skuiling vir mishandeld­e vroue gewerk. Cynthia was die huismoeder en Geneveve het met die plasings van die vroue wat inkom gewerk. Die ander vrou met haar kinders is ‘n vrou wat uit ‘n mishandeld­e huwelik kom en het nêrens anders gehad om te gaan nie,” verduideli­k sy.

Volgens haar het die gesinne geen ander heenkome nie en wag hulle steeds op die munisipali­teit om vir hulle ander verblyf te gee.

“Die bestuur is ongelukkig oor die verloop van die hele proses. Daar is nooit met ons as bestuur gepraat oor die verskuiwin­g van die skuiling vir mishandeld­e vroue of waar ons verder in die prentjie gaan inpas nie. Hulle het ook nooit gesê wat met die gesinne wat daar woon moet gebeur het.”

Sy het verder gesê dat die meubels wat tans in die huis is, aan Malibongwe behoort.

“Dit is op ons boeke. Ons het dit gebruik vir die vroue en kinders wat mishandel is. Aangesien ons nie meer daar funksionee­r moet ons ons meubels gaan haal.”

Die Oudtshoorn Courant het self ook met Olieslager, Swarts en Jacoline, die mishandeld­e vrou, gesels.

Volgens Swarts werk sy al meer as ses jaar as huismoeder by die skuiling. Haar dogter het gehelp om die vroue wat inkom in te teken en seker gemaak hulle is betyds by die hof of by beraders.

“Die munisipali­teit het gesê hulle gaan vir ons ander verblyf kry. Ons sou al uit gewees het. Ons het nooit geweier om te gaan nie,” het sy gesê.

Volgens Jacoline woon sy en haar kinders ongeveer ‘n jaar daar.

“Ons het die regte papiere van die regte mense om hier te kan woon. Ons het gehoor die munisipali­teit wil hokke en Wendy-huise langs die shelter oprig vir ons om in te woon. Dis al waarvoor ons nee gesê het. My kinders word gespot by die skool en gesê hulle is bergies. Dis nou sedert die haweloses hier in getrek het. Dit maak my as ouer geweldig seer om te dink waardeur my kinders moet gaan. Dit is ook nie reg dat hulle tussen ‘n klomp volwasse mans moet bly wat drink en rook nie. Ons krag was vir sewe maande afgesny. Ons moes staatmaak op kerse en gas vir kosmaak. Hoe maak mens kinders so groot? Die krag is aangeskake­l net voor die haweloses ingetrek het,” het sy gesê.

Op dié stadium is daar 12 haweloses wat in die skuiling gehuisves word.

Volgens Mina Hufke, die nuwe huismoeder, vorder die haweloses goed.

“Hier is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e, Itemba House of Hope, wat onder die sambreel van die skuiling in George funksionee­r, wat seker maak alles verloop glad. Die mans en vroue woon in aparte kamers. Hulle kry elke dag genoeg kos om te eet. Maandag begin ons met programme om hulle weer in die samelewing te integreer. Ons wil hulle vaardighed­e leer sodat hulle kan gaan werk en ook hoe om op te tree tydens ‘n werksonder­houd. Dit is alles goed wat gaan tyd neem, maar ek weet as ons dit reg doen dan kan ons help om die haweloses te stabilisee­r,” het sy gesê.

Dennis Nghonyama, bestuurder van maatskapli­ke dienste in Oudtshoorn, het gesê indien daar ‘n geval van huishoudel­ike geweld is en ‘n persoon moet na ‘n veilige hawe verplaas word sal hulle die persoon na ‘n gefinansie­rde organisasi­e of skuilings verplaas wat aan die regte vereistes voldoen.

“Die departemen­t is in die proses om ‘n skuiling vir slagoffers van geweld in Dysselsdor­p te open,” het hy gesê.

Volgens hom is hy ook bewus daarvan dat die meubels in die gebou aan Malibongwe behoort en “is hulle nie verplig om die meubels in die huis te hou nie.”

“Itemba House of Hope word tans deur die George-skuiling bygestaan om die nuwe skuiling van haweloses te bestuur. Die programme wat by die skuiling is, het nie ‘n afsnydatum nie en ons gaan voortduren­d aandag aan die probleem gee. Deel van die proses is om die inwoners van die skuiling weer in die samelewing te integreer.”

 ??  ?? Regs is Mina Hufke saam met Christabel Swartz (heel links) en Hendrika Solomons (tweede van links) saam met van die haweloses wat in die huis woon. Hufke, Swartz, Solomons en Menissa Thysse (afwesig) is verantwoor­delik vir die bestuur van die skuiling.
Regs is Mina Hufke saam met Christabel Swartz (heel links) en Hendrika Solomons (tweede van links) saam met van die haweloses wat in die huis woon. Hufke, Swartz, Solomons en Menissa Thysse (afwesig) is verantwoor­delik vir die bestuur van die skuiling.
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Geveneveve Olieslager en haar ma, Cynthia Swarts, saam met Jacoline.
Foto’s: Liezl van Niekerk Geveneveve Olieslager en haar ma, Cynthia Swarts, saam met Jacoline.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa